Navorsers by die Babraham-Instituut in België het ’n gedetailleerde diepgaande ondersoek ingestel na die immuniteitsisteme van 670 mense tussen die ouderdomme van twee tot 86 jaar.

Resultate het gewys dat ouerskap moontlik ’n groter invloed het op die inwendige gestel as die seisoenale griep of maagdermontsteking by reisigers.

Lees ook: Swanger vroue moet kos met baie vitamien D eet om baba se risiko vir allergieë te verlaag

Die navorsing wys dat uit ’n reeks faktore, wat ouderdom, geslag en vetsug insluit, is een van die ergste faktore wat ’n persoon se immuniteitsisteem aantas, die gesamentlike grootmaak van ’n kind.

By persone wat saamgewoon en ’n kind saam grootgemaak het, was daar ’n afname van 50% in die wisseling tussen hul twee gestelle in vergelyking met die uiteenlopendheid wat in die wyer bevolking waargeneem is.

Volgens dr. Adrian Liston is dit die eerste keer dat enigiemand gekyk het na die immuniteitsprofiele van twee onverwante persone in ’n intieme verhouding.

"Aangesien ouerskap een van die ergste omgewingsuitdagings is waartoe enigiemand hom/haar willens en wetens verbind, maak die feit dat dit die immuniteitstelsel radikaal affekteer beslis sin. Tog was dit nogal verbasend dat om kinders te hê ’n baie erger uitdaging vir jou immuniteitstelsel is as erge maagdermontsteking,” het hy gesê.

Dr Liston het bygevoeg dat te min slaap, stres, chroniese infeksies en al die ander uitdagings van ouerskap meer aan die liggaam doen as “slegs vir ons grys hare gee”.

Lees ook: Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee

"Ek dink alle ouers met kinders van kleuterskool- of skoolgaande ouderdom sal die uitwerking van ’n kind op jou immuunstelsel verstaan,” het hy bygevoeg.

Die navorsers het ook gevind dat ons immuniteitsisteem ná die uitdagings gewoonlik tot sy oorspronklike stabiele status herstel en dit wys dus so op ’n “elastiese moontlikheid”.

Die gereelde monetering van hul ingewande het gewys dat die persone mettertyd ’n stabiele immuniteit volhou het, selfs nadat hul gestelle aan die gang gesit is deur die seisoenale griepinspuiting of maagdermontsteking.

Mense wat aan die studie deelgeneem het, is oor ’n tydperk van drie jaar gemonitor. Die navorsingstuk is vir die eerste keer in die tydskrif Nature Immunology gepubliseer.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Polisie red 18 kinders uit SA kerk

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou

Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele