As jy dus lus is vir ’n happie, maak dit sin dat jy een kies wat propvol voedingswaarde is. Kersies hoort heel boaan die lys, en ons verduidelik hieronder hoekom.
Kersies is propvol vitamien C, wat jou selle help gesond hou en help met die vervaardiging van kollageen.

Help bestry inflammasie

Enigiets van stres tot suiker kan inflammasie veroorsaak, maar volgens ’n studie wat in Journal of Nutrition gepubliseer is, kan kersies help om dit te beveg omdat hulle van die biomerkers teenwerk wat met die toestand verband hou. Daar is boonop bevind kersiesap help verlig die simptome met artritis.

Voedingstowwe en kanker

Kersies is propvol vitamien C, wat jou selle help gesond hou en help met die vervaardiging van kollageen. Die liggaam kan dit nie opgaar nie, dus is dit noodsaaklik dat jy elke dag doelbewus vitamien C inneem. Kersies bevat ook baie vesel, wat goed is vir jou spysvertering. Vesel en vitamien C help boonop albei om kanker af te weer.

Hoë bloeddruk en beroerte

Daar is bevind kalium is belangrik vir die bestryding van dié mediese toestande. Kersies bevat meer kalium as aarbeie en twee keer soveel kalium soos appels

Spiere

Kersies eet sal jou ongelukkig nie spiere van staal gee nie, maar danksy die baie anti-inflammatoriese antioksidante wat hulle bevat, kan hulle verseker dat jou spiere nie so seer word ná ’n sessie by die gimnasium nie.

Slaap

Melatonien, die hormoon wat slaap beheer, kom natuurlik voor in kersies. Volgens ’n navorsingstuk in Journal of Medicinal Food slaap mense wat kersiesap drink beter. Dit kan ook vlugvoosheid teenwerk, so drink gerus ’n glasie kersiesap ná jou volgende lang vlug.

© Cover Media