Hoewel dit onrealisties is om nooit ’n skemerkelkie of ’n bottel van jou geliefkoosde bier te geniet nie, kan die soort drank wat jy drink, jou planne vir gewigsverlies en ’n gesonde leefstyl maak of breek.

'Alkohol bestaan geheel en al uit leë kilojoules wat geen voedingswaarde het nie.'

“Alkohol bestaan geheel en al uit leë kilojoules wat geen voedingswaarde het nie. Die gevolg is dat dit die eerste soort brandstof is wat verbruik word en dit plaas die vetverbrandingsproses op die agterste stoofplaat,” het Allison Hagendorf, ’n gesondheids-en-leefstylafrigter aan PopSugar gesê.

Omdat dit so baie kilojoules bevat, kan dit maklik lei tot gewigstoename, maar as jy daarvan hou om gedurende die week ’n glasie te klink om ná werk te ontspan of saam met vriende te kuier, noem ons hier ’n paar van die beste en die swakste keuses:

Beste

  • Droëwyn, pleks van soetwyn: die rede hiervoor is dat die soeter variëteit dikwels 420 tot 630 meer kilojoules per glas bevat as sy droër alternatief. As jy egter nie die droë soort kan verdra nie, probeer die kilojoules verminder deur ’n spritzer te maak. Gooi net sodawater by, wat geen kilojoules bevat nie. Sodawater pas ook goed by dranksoorte met minder kilojoules, soos wodka en jenewer. As jy ’n bietjie meer geur kort, voeg skyfies pikante vrugte by, soos suurlemoen en lemmetjie. Dit is beter om koel-, sport- of energiedranke te vermy, aangesien dit wemel van die kilojoules.
  • Ligte bier: Moontlik selfverduidelikend, maar ligte biersoorte bevat minder kilojoules as hul volsterkte-eweknieë, alhoewel hulle dieselfde alkoholinhoud het. Asof dit nog nie genoeg is nie, bevat bier ook polifenol, wat vereenselwig word met ’n verlaagde risiko vir hartsiektes. ’n Wen-wen-situasie, nie waar nie?

Swakste

Alle skemerkelkies, maar veral die volgende:

  • Pina Colada: ’n 171 g-glas van hierdie romerige drankie kan meer as 1 250 kilojoules bevat, danksy die rum, room, klapper en suiker.
  • White Russian: Hierdie klassieke drankie bevat baie room, met die gevolg dat daar meer as 1 880 kilojoules in ’n glas is. Probeer liewer verkilde moerkoffie met afgeroomde melk, vodka en ys.
  • Margaritas and Daiquiri’s: Hulle bevat weliswaar nie room nie, maar hulle kan ’n yslike 2 090 tot
  • 2 930 kilojoules per glas bevat danksy die suikerstrope wat dikwels bygevoeg word.
  • Sangria: ’n Gunsteling wanneer jy met vakansie is, maar hierdie samestelling van suikerstrope, tafelsuiker en vrugtesap kom neer op baie kilojoules en suiker. Maak jou eie met ’n samestelling van vars vrugte, wyn en ’n menger sonder kilojoules.

© Cover Media