[caption id="attachment_113774" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Dit kan uiters stresvol wees om voor te berei vir die tyd van welwillendheid – of jy nou super georganiseerd is en lankal reeds al jou geskenke gekoop het, of iemand wat op die laaste oomblik die winkels bestorm.

Lees ook: Kersgeskenke vir kinders wat jou minder as R150 uit die sak sal jaag

Navorsing het getoon die ronddrentelry om geskenke of bederfies vir die Kersete in die hande te kry, eis ook sy tol op jou liggaam – en selfs op jou middellyn.

Hier volg ’n klompie wenke vir wanneer jy die winkels tref en die Kersmassas aanvat.

As jy iemand is wat beplan om net ’n vinnige draai by ’n winkel te maak, maar later oorlaai is met geskenke, dink tog aan jou arme rug en elmboë.

’n Oorlaaide mandjie aan jou arm kan druk plaas op jou nek en rugstring en tot hoofpyn lei. Jou elmboë kan ook deurloop aangesien hulle blootgestel word aan verrekking en verstuiting.

As jy ’n trollie verpes en ’n mandjie wil dra, onthou om dit aan jou sy te hou, naby jou liggaam om die inspanning te verminder, en moenie meer as 10 items daarin laai nie.

Maak ’n punt daarvan om ’n happie te geniet voor jy jou huis verlaat, en dus nie voor die versoeking van rakke vol heerlike Kersbederfies sal swig nie. Navorsers aan die Cornell-Universiteit het bevind mense wat ’n appel voor hul inkopietog geëet het, het 25 persent meer vrugte en groente gekoop as dié wat nie iets geëet het nie.

Maak ’n punt daarvan om ’n happie te geniet voor jy jou huis verlaat

Dr. Aner Tal, wat die studie gelei het, sê: “'n Klein, gesonde happie voor jy gaan inkopies doen, kan jou in ’n gesonder gemoedsingesteldheid plaas.”

Lees ook: Is hierdie die hartseerste TV-advertensie ooit?

"In ’n studie deur die Harvard- en Duke-Universiteit is ook bevind mense wat herwonne inkopiesakke gebruik wanneer hulle vir ander mense geskenke koop, is meer geneig om tydens hul inkopietog aan vetterige kosse te smul.

“As ons iets goeds doen vir die gemeenskap – soos om ’n omgewingsvriendeliker inkopiesak te gebruik of selfs iets wat vir onsself goed is – voel ons ons het die reg om dit te balanseer met iets slegs, soos om iets te koop wat ons miskien nie gewoonlik eet nie,” het dr. Nikki Teper, ’n kliniese sielkundige, aan MailOnline gesê.

Enigeen wat in hierdie tyd nie graag aan ’n nare wintergriep of maaggogga blootgestel wil word nie, moet liewer maar ’n wye draai gooi om gratis koshappies.

Dit is nogal ’n versoeking om iets te proe wat by die luukse-delikatessetoonbank van jou plaaslike supermark aangebied word, maar ander mense het aan dieselfde borde geraak!

Lees ook: Oorleef Kerstyd met kinders

Dieselfde geld vir winkeltrollies en -mandjies. Kundiges beveel aan dat jy die handvatsels met ’n antibakteriese lappie afvee voor jy daaraan raak en so jou risiko vir verkoue, voedselvergiftiging en norovirus – almal volop dié tyd van die jaar – verlaag.

Dra ook ’n antibakteriese spuitbotteltjie saam sodat jy jou hande kan reinig wanneer jy ’n besige afdelingswinkel verlaat.

© Cover Media