Verslanking en sjokolade word nie gewoonlik in dieselfde asem genoem nie, maar die dieetkundige Jeanie Nel van Cape Dieticians se^ sjokliefhebbers kan sjokolade in matig­heid by hul dieet insluit – en selfs ook ander gesondheidsvoordele geniet.

Maar waarom het dit dan so ’n slegte reputasie?

“Oor die algemeen word enigiets wat soet smaak as sleg vir jou beskou, en ons weet reeds suiker is propvol lee¨ kilojoules (wat energie verskaf sonder enige voeding­stowwe), wat vetsug en diabetes kan ver­oorsaak,” verduidelik sy.

Suiker speel ook ’n groot rol as dit kom by oorsake van inflammasie in die liggaam en die algemene opvatting is dat jy suiker eerder te alle tye moet vermy.”

Volgens Jeanie word melksjokolade as be­sonder sleg vir jou beskou omdat dit van volroommelk gemaak word. Dit bevat baie versadigde vet, wat blykbaar totale choles­terolvlakke verhoog en die hoe¨ vetvlakke lei ook tot ’n hoe¨ kilojoulewaarde.

Donkersjokolade met ’n hoe¨ persentasie kakao is die beste keuse.

1. Dis makliker om porsiebeheer met 70 tot ­90 per­sent donkersjokolade te beoefen, want dit is nie so soet soos melksjokolade nie (hoe hoe¨r die hoeveelheid kakao, hoe laer die hoeveelheid suiker).

2. Donkersjokolade bevat flavonoi¨ede, ’n kragtige antioksidant wat die liggaam help beskerm teen omgewings­giwwe en skade herstel.

DIT MOET JY WEET

Die dieetkundige Jeanie Nel beantwoord ’n paar vrae:

KAN SJOKOLADE VERSLAWEND WEES?

Ons het al almal die term “sjokolade­verslawing” gehoor en ek sien dikwels mense wat hulself “sjokslawe” noem. Ek het opgemerk dit is algemener onder vroue as mans, hoewel ek hier en daar mans met net so 'n liefde vir sjokolade sien.

Sjokolade is gewoontevormend, want dit gee blykbaar ’n kitsgevoel van geluk. Wanneer ons soet of vetterige kos eet, word serotonien vry­gestel. Serotonien word as die “gelukshormoon” beskou, want dit lig ’n mens se gemoed.

Ek sou nie self se^ daar is iets soos sjokolade­verslawing nie; dis eerder die behoefte aan op­beuring. Ons is verslaaf aan die gelukkige gevoel wat ons ervaar nadat ons sjokolade gee¨et het danksy al die biologies aktiewe bestanddele.

KAN SJOKOLADE MET MATIGHEID GENIET WORD?

Ja, jy moet net jou sjokolade baie versig­tig kies. Kies ’n donkersjokolade met ’n hoe¨ konsentrasie kakao en vermy melk­sjokolades met vetterige en soet vulsels.

Jy moet ook porsiebeheer toepas. Breek die sjokolade in klein porsies en geniet elke dag net ’n bietjie pleks van ’n groot hoeveelheid op een slag.

HOE MOET JY KEER DAT JY JOU AAN SJOKOLADE OOREET?

Koop dit in kleiner porsies of verdeel dit self in klein porsies. As ek met ’n oop plak donkersjokolade van 100 g in my laai moet sit, sal ek dit waarskynlik voor die einde van die dag heeltemal opeet deur gereeld klein stuk­kies te eet – ’n oop omhulsel spook by my. Ek sou eerder voorstel jy breek die 100 g in vier ewe groot stukke, draai dit toe en be^re dit waar jy dit nie kan sien nie.

DIE VOORDELE VAN SJOKOLADE

Sjokolade bevat baie kilojoules en kan gewigs­toename veroorsaak, wat ’n hele lys nadelige gevolge kan he^. Maar as sjokolade op die reg­te manier geniet word, kan dit heelwat ge­sondheidsvoordele inhou:

  • ’n Ondersoek wat in 2012 aan die Universiteit van Kalifornie¨ gedoen is, bring die gereelde in­name van sjokolade met ’n laer liggaamsmassa-indeks (LMI) in verband. Die sowat 1 000 deel­nemers aan die ondersoek het gemiddeld twee keer per week sjokolade gee¨et en 3,6 keer per week geoefen. Die skrywers van die ondersoek beklemtoon dit dui nie noodwendig op ’n oor­saaklike verhouding tussen die eet van sjoko­lade en verlaagde LMI nie, maar dit ondersteun vermoedens dat sjokolade ’n positiewe uitwer­king op die liggaam se metaboliese koers kan he^. Dit is dalk danksy die antioksidante in sjoko­lade wat jou beskerm teen oksidatiewe stres, wat ’n negatiewe uitwerking op jou metabolisme kan he^. Donkersjokolade is uitgelig as die voor­deligste.
  • ’n Klein ondersoek wat in 2013 gedoen en deur die Federation of American Societies for Expe­rimental Biology Journal gepubliseer is, toon donkersjokolade help herstel die buigsaamheid van slagare en voorkom ook dat witbloedselle aan die wande van bloedvate kleef. Slagaarstyf­heid en witbloedselklewing is bekende faktore wat ’n beduidende rol speel by aterosklerose (die verharding van slagare), die voorste oor­saak van hartaanvalle. Die deelnemers aan die ondersoek is nie toegelaat om ander energie­digte kosse te eet wat baie kilojoules bevat nie.
  • Verskeie ondersoeke het al daarop gedui dat die matige inname van donkersjokolade ’n positie­we uitwerking op die verlaging van bloeddruk het. Hoe¨ bloeddruk is ’n risikofaktor vir hart­aanvalle.
  • ’n Aantal kleiner ondersoeke dui op ’n verskeiden­heid voordele, soos beter geheue, verlaagde slegte cholesterol en selfs ’n beter vel, maar almal beklemtoon hoe belangrik dit is om donkersjokolade – en ander vetteri­ge en energieryke kosse – net in matige hoeveelhede in te neem.