Almal kan help keer dat algemene respiratoriese infeksies soos griep, seerkeel en hoesvirusse versprei. Hier is drie wenke:

1. Vermy nabye kontak

In die winter bondel mense dikwels saam en so kan infeksies makliker versprei. Vol treine en taxi’s met min ventilasie, winkelsentrums wat wemel van kopers en mense wat bymekaarkom vir partytjies maak dit alles makliker om verkoue te kry. Vermy nabye kontak met mense wat siek is. As jy siek is, hou jou afstand van ander mense om te help verhoed dat hulle ook siek word.

2. Drink genoeg water

Dokters beveel aan dat jy vyf tot agt glase water per dag drink om gesond te bly. Water help die niere behoorlik werk en spoel die gifstowwe uit wat in ons liggaam ophoop. As jy verkoue het, kan jy dehidreer. Dit maak jou slym droër en dikker en minder in staat om bakterieë en virusse te beveg.

3. Goeie gesondheidsgewoontes

Reinig en ontsmet oppervlakke wat gereeld by die huis, werk of skool aangeraak word, veral wanneer iemand siek is. Gooi gebruikte snesies weg. Kry genoeg slaap en oefening, bestuur jou stres, drink baie vloeistof en eet voedsame kos.

Bron: lifebuoy.com