HAAL diep asem, dis daai tyd van die jaar wanneer alles jou so ’n bietjie oorweldig. Daar is nie nou tyd of geld om vinnig weg te breek nie. Dit voel gedurig asof jy op die rand van ’n ineenstorting is. Gaan jy uitbrand voor jy eindelik die eindstreep van die Desembervakansie bereik? Haal nog ’n keer diep asem, daar is hulp.

Die TV-persoonlikheid Oprah Winfrey het die geykte woord “senu-ineenstorting” weer aan die groot klok gehang in ’n onderhoud (sien die video hieronder).

Deur jou lewe minder spanningsvol te maak, gereeld te oefen en nie mense se mening van wat die perfekte jy is, kop toe vat nie, kan jy keer dat jy uitbrand.

Daar is duidelike tekens dat jy afstuur op ’n ineenstorting, byvoorbeeld dat jy liewer meer tyd by die werk deurbring as om saam met vriende te kuier en ontspan. Skielik moet jy dae lank siekteverlof neem en jy voel angstig en afgetrokke.

Dis dalk nou tyd om aandag te gee aan jou sielkundige gesondheid. Kenners meen ’n sogenaamde “senu-ineenstorting” kan moontlik die gevaarligte laat flikker oor ’n psigiatriese siekte soos depressie of ernstige angsversteuring wat gediagnoseer is nie. Kom dringend by ’n dokter uit.

Lees die artikel in die jongste uitgawe van Huisgenoot (21 November 2013) met nog raad en simptome. Dit sal keer dat jy in die pylvak van die jaar oorweldig word.

Pieter van Zyl