Daar is verskeie goeie redes om baie vis by jou dieet in te sluit: dit is 'n ryk bron van Omega 3, dit help om hartsiektes te beveg en nou kan dit, volgens onlangse navorsing, boonop depressie ook help beveg.

Navorsers by die mediese kollege van die Qingdao-universiteit in Shandong, China, het bevind dat mense wat baie vis eet minder geneig is om depressief te wees. Trouens, mans wie se dieet baie vis bevat het, se risiko het met eenvyfde – of 20 persent – verlaag. By vroue was daar 'n verlaging van 16 persent.

Die wetenskaplikes glo dat die Omega 3 wat in vis voorkom, die samestelling van die brein se vliese kan verander en die werking van chemiese boodskappers, ook neuro-oordraers genoem, kan wysig. Die werking van dopamien en serotonien kan verander word. Dit is van besondere belang aangesien hulle albei skynbaar by depressie betrokke is.

Is daar dalk 'n verband tussen hooikoors en depressie?

Vis bevat ook proteïne, vitamiene en minerale van hoë gehalte en die span is van mening dat dit depressie in toom hou en 'n gesonde dieet kan verskaf.

Goeie kos is nog altyd uitgelig as 'n manier om depressie te verwerk, en instellings moedig ons aan om met 'n dieet vol te hou wat ryk is aan vrugte, groente, vis en volgraanprodukte, ten einde die siekte af te weer. 'n Direkte skakel tussen vis en geestesgesondheid is egter nog nie ten volle ondersoek nie, en dit bly 'n omstrede onderwerp.

Gee depressie 'n bloedneus

“Die assosiasie tussen die inname van vis en die risiko van depressie is omstrede,” het Professor Dongfeng Zhang van die mediese kollege van die Qingdao-universiteit gesê.

“Baie studies het die verband tussen voedselinname en die risiko op depressie nagevors. Voorts het 'n meta-analise wat onlangs gepubliseer is, aangedui dat 'n gesonde dieetpatroon, gekenmerk deur 'n hoë inname van vrugte, groente, vis en heelgraanprodukte, betekenisvol verbind word met 'n verlaagde risiko vir depressie. Dit is egter nog nie duidelik watter komponent van die dieetpatroon moontlik verantwoordelik sou wees vir die beskermende uitwerking nie."

Een uit vyf Suid-Afrikaanse tieners probeer selfdood pleeg. Hier's van die waarskuwingstekens

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie beïnvloed depressie na raming 350 miljoen mense oral in die wêreld. Professor Zhang het egter bygevoeg dat daar nog meer navorsing gedoen moet word rakende die direkte skakel tussen seekos en geestesgesondheid, en ook of die doelktreffendheid varieer volgens die soort vis wat ingeneem word.

© Cover Media

KLIK HIER indien jy hulp nodig het of meer omtrent depressie wil uitvind.

KLIK HIER vir meer inligting oor Lifeline

KLIK HIER vir regstreekse hulp en wenke via SADAG