om te keer dat katelkaskenades net nog ’n item op hul oorvol lys van huishoudelike take word.

Die meeste liefdesverhoudings se paadjies is soms besaai met dorings wanneer een of beide van die paartjie kla hulle is eenvoudig te moeg, besig, gestres of net nie lus is vir intimiteit met hul ander helfte nie.

Dit klink nou wel ietwat onnatuurlik om seks haarfyn te beplan, tog beklemtoon deskundiges op daardie gebied dat die instel van sperlyne in der waarheid ’n verhouding kan red.

Volgens Tracey Cox, ’n seksdeskundige, voel paartjies selde op dieselfde oomblik amoreus. Dit is te wyte aan botsende roosters en verpligtinge. Sy stel voor dat die twee gaan sit en ooreenkom oor ’n tyd om weer met mekaar te intiem te wees. Tracey lê veral klem op die belangrikheid van ’n deeglike bespreking vooraf.

“Sit ’n ‘ons-tydjie’ opsy en hou daarby.”

“Sit ’n ‘ons-tydjie’ opsy en hou daarby,” het Tracey aan MailOnline gesê.

“Dit werk egter nie as jy nie beplan wat jy in daardie tydjie gaan doen nie – anders word seks net nog ’n taak op jou lys van take wat afgehandel moet word.

“As julle beurte neem om iets buitengewoon te beplan – soos om eers saam te bad en dan iets nuuts en opwindends te beproef, soos saam na ’n erotiese fliek te kyk – kan dit goed werk.” Lucy Jones, die seks-en-verhoudingskundige by toyboywarehouse.com, sê julle moet ’n tyd vind wat albei pas, ten einde maksimum bevrediging te vind.

"Vind uit wat werk vir jou"

“Ek het ’n vriendin wat altyd seks het met haar man net ná hulle na die gereelde episode van hul geliefkoosde televisiedrama gekyk het. Vind uit wat werk vir jou!” was Lucy se raad.

Die beplanning van gereelde aande uit kan ook bietjie woema terugsit in ’n tanende huwelik. Nixala Watson, stigter en redakteur van die blog Sex & London City, raai paartjies met kinders aan om so dikwels moontlik ’n babawagter te huur en dan te gaan uiteet.

Ander wenke sluit in: verkeer seksueel voordat jy werk toe gaan as jy of jou maat dikwels te moeg is ná ’n lang dag op kantoor. Jy kan ook voorstel dat julle ’n dag verlof neem, in die bed ontspan en erotiese tyd saam deur te bring.

As jy nie geneë voel nie, maar jou maat wel, raai Tracey julle aan om dinge ’n kans te gee en ’n soen-en-drukkiesessie te hê voor julle besluit of julle verder wil gaan of nie.

As enigiemand verveeld is met seks net in die slaapkamer, hoekom nie ander plekke uittoets nie? Baie mense is maar te gewillig om op die bed neer te val en te slaap nadat hulle hul tande geborsel het. Verander dus van omgewing en laat die temperatuur elders styg.

“Sodra my vriendin se tweeling veilig aan die slaap is in hul bedjies, laat waai die paartjie,” verduidelik Nixala. “Hulle het die hele huis tot hul beskikking … as jy verstaan at ek bedoel.”

© Cover Media