Maar navorsers het onlangs bevind as jy bo die ouderdom van 65 met dié gewoonte volhou, sal jou middel binne ’n dekade gemiddeld 7,6 cm groter word.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Texas het 749 afgetredenes in die bogenoemde kategorie 10 jaar lank nagespoor en hul gewig, dieet en die omtrek van hul middel gemonitor. Aan die einde van die eksperiment was dié wat elke dag gaskoeldrank ingeneem het, se middelmaat 8 cm groter, terwyl diegene wat dit net af en toe gedrink het, 4,6 cm groter geword het en dié wat heeltemal weggebly het van gaskoeldrank, net 2 cm.

'Die studie toon dat die toenemende inname van gaskoeldrank verband hou met die stygende neiging tot vetrolle...'

Hoewel die bevindings, wat in die Journal of the American Geriatrics Society gepubliseer is, nie ’n regstreekse verband tussen die twee kon bewys nie, het die navorsers vasgestel wanneer dit gereeld ingeneem word, is dieetprodukte meer geneig om tot vetsug te lei.

Sharon Fowler van die Texas University Health Science Centre at San Antonio het die studie gelei en sy het haar bevindings verduidelik.

“Metaboliese sindroom en kardiovaskulêre siektes, tesame met die koste verbonde aan gesondheidsorg, plaas ’n groot las op die immer groeiende bejaarde bevolking,” het sy verduidelik.

“Die studie toon dat die toenemende inname van gaskoeldrank verband hou met die stygende neiging tot vetrolle om die buik en dit kan die risiko vir kardio-metabolisme by ouer volwassenes verhoog.”

Die resultate kan verontrustend wees, maar nie almal is oortuig daarvan nie.

Dr. Nita Forouhi van die Universiteit van Cambridge het die bevindings bestempel as “nog nie gereed vir verplasing na boodskappe oor openbare gesondheid” nie, want dit neem nie ander eetgewoontes en die algehele daaglikse inname van kilojoules in ag nie.

Gavin Partington, direkteur-generaal van die Britse Vereniging vir Gaskoeldrank, steun hierdie opvatting.

“Hierdie studie kan nie die oorsake vasstel nie en dit doen dit ook nie,” het hy bygevoeg.

“Die skrywers kyk trouens na mense bo 65 by wie die risiko reeds bestaan vir gewig aansit en kardiovaskulêre siektes; dus is daar geen gronde vir die bewering dat daar ’n verband tussen gaskoeldrank en hul middellyn is nie.

“Die inhoud van die bewysmateriaal stem trouens ooreen met ’n nugter benadering: gaskoeldrank kan help om die inname van kilojoules te beheer.

Veiligheidshalwe moet jy liewer nie elke dag ’n bottel dieetkoeldrank afsluk nie, want hoewel dit min kilojoules bevat, is die kunsmatige versoeter nie baie goed vir jou tande óf jou middellyn nie.

© Cover Media