Die siekte veroorsaak dat die bloed se glukosevlakke te hoog raak aangesien die liggaam dit nie behoorlik kan vervaardig as die pankreas te min of geen insulien afskei nie. Insulien help die liggaamselle glukose absorbeer.

Wetenskaplikes aan die Tabriz-universiteit van Mediese Wetenskap beweer nou dat hulle ’n manier gevind het om die uitwerking van diabetes in toom te hou – deur eenvoudig die warm kruiedrankie drie keer per dag te geniet.

In die studie het die navorsers aan 64 diabeteslyers twee maande lank elke dag ná elk van hul drie maaltye óf kamilletee óf water gegee om te drink. Die deelnemers het ook toegestem tot gereelde bloedtoetse.

Ná agt weke was die resultate verstommend: die bloedsuikervlakke van diegene wat kamilletee gedrink het, was laer en hul antioksidantvlakke was hoër in vergelyking met dié wat net water gedrink het.

Die Irannese navorsers skryf dit alles toe aan die kwersetien wat in kamilletee voorkom. Dit affekteer die ensieme wat ’n rol speel by diabetes en dus kom dit voor asof hulle help met die siekte. Die studie se uitslae is in die tydskrif Nutrition gepubliseer.

Selfs al ly jy nie aan diabetes nie, is daar talle redes waarom jy aan die kruietee behoort te begin teug. Die antibakteriese eienskappe van kamilletee kan, volgens naturalsociety.com, jou redder in die winter wees, want dit help om hoes en verkoues af te weer.

’n Koppie kamilletee nader te trek. Dit is kalmerend en dit help om die spiere van die ingewande te laat ontspan; dus voorkom dit krampe. Dit is veral mense wat aan prikkelbaredermsindroom ly wat sal baat vind as hulle kafeïenryke teesoorte en koffie verruil vir die kamilledrankie.

Skoonheid kom van binne; dus sal dit ook jou voorkoms baat. Teenontstekings- en antiseptiese eienskappe help om die vel te verbeter en diegene wat las het van aandoenings soos ekseem en aknee, sal ook gehelp word.

© Cover Media