1510 Bloedgroep Brokkies Image 1 Ons het Margaret Ellis, ’n kliniese voedingkundige van Kaapstad wat spesialiseer in lewende bloedanalise, gevra om lesers met die bloedgroep B eenvoudige riglyne te gee oor wat om te eet en wat om te vermy. Sy gee ook ’n eetplan vir twee dae wat hulle soos ’n handskoen sal pas. Die bloedgroep-B-gene het jou voorouers in staat gestel om in koue streke te oorleef. ’n Paar eenvoudige riglyne:

Vermy hoender.

Die meeste brood, graan en pasta is ’n nee. Vermy ook mielies.

Geniet jou suiwelprodukte. Jy is die enigste bloedgroep wat dit kan doen. Vir ’n lys van wat elke bloedgroep kan eet en nie kan eet nie, en vir heerlike resepte vir elke bloedgroep, kry Huisgenoot-Wendiëte, wat nou op die rak is.   DAG 1

ONTBYT : Muesli met gewone jogurt. Pynappelsap.

PEUSELHAPPIE:  ’n Snytjie piesangbrood.

MIDDAGETE: Groenslaai met beet. Koolslaai met pynappel en rosyntjies. Twee skyfies kalkoen. Water met suurlemoen. PEUSELHAPPIE: Ryskoekies met ’n paar skyfies mozzarella-, brie- of camembertkaas. AANDETE: 2 geroosterde lamtjops met geroosterde soetpatats, eiervrug, soetrissie en murgpampoen. Brusselse spruitjies of spinasie of boerkool. Gemmertee. DAG 2

ONTBYT : Geposjeerde eier en skelvis. Druiwesap.

PEUSELHAPPIE: Ryskoekie met maaskaas en alfalfaspruite of roulynsade.

LUNCH : Quinoa-en-boneslaai met sewejaarsboontjie, groenbone en snyboontjies.

PEUSELHAPPIE : Rou wortel, seldery en soetrissie met ’n feta-doopsous.

AANDETE: 120 g biefstuk of lewer. Blomkool en kaassous. Groenslaai. Menttee.

Vir ’n volledige lys van wat elke bloedgroep mag en nie mag eet nie en heerlike resepte, kry Huisgenoot Wendiëte nou op die rakke.

Wendiëte

Margaret EllisBron: Margaret Ellis