Deur Janine Habana

Die volgende oefeninge kan jy maklik tuis doen; al wat jy nodig het, is ’n matjie!

Warm op met die brug:

Hou die brugposisie 30 sekondes en herhaal agt keer. Onthou om arms parallel te hou, jou lyf so reguit as moontlik en ook om die heeltyd jou naeltjie in te trek.

1

Kerktoring-“crunch”:

Lê op jou rug met arms reguit voor en bo gesig, knieë gebuig en voete plat op die vloer. Sit op, hou voete plat op die vloer en mik hande reguit bo jou kop soos ’n toring. Terwyl jy regop sit, onthou om naeltjie in te trek en rug reguit te hou. Doen 15 repetisies, en herhaal drie keer.

2

3

Opwaartse Brug:

Lê op rug, met knieë gebuig en voete plat. Bring heupe so hoog moontlik sodat daar ’n reguit lyn is vanaf jou skouers tot by jou knieë. Herhaal 12 keer, drie stelle. Vir variasie op hierdie oefening: Lig regterbeen en beweeg op en af met heupe, met linkervoet op vloer geplant. Ruil bene om en herhaal.

4

5 Variasie: 6 Papierbord-oefeninge:

Kry twee papierborde en gebruik op ’n gladde oppervlak. Gaan in brugposisie, met elke voet op ’n papierbord.

7

8

Gly regterbeen so ver moontlik in, terwyl linkerbeen agterbly. Stoot regterbeen terug en bring nou linkerbeen op, terwyl regterbeen agterbly. Herhaal terwyl linker- en regterbeen terselfdertyd heen en weer beweeg. Hou heupe stewig en stil, sonder om op en af te hop. Herhaal 20 keer.

9

10

Tweebene-ingly:

Begin weer in brugposisie en gly albei bene terselfdertyd so ver moontlik in en dan terug tot in brug posisie. Herhaal 20 keer terwyl jy jou heupe stabiel hou.

11

12

Geniet die oefeninge elke dag en kort voor lank sal jy die vrugte pluk van ’n mooi postuur en sterk maagspiere!

Groete tot volgende keer!

Janine Habana

Janine is ’n fiksheidsdeskundige en die eienaar van die Femme Fitness Exercise & Pregnancy Wellness Centre in Panorama, Kaapstad.