Die meeste van ons moes al die term ‘emosionele etery‘ iewers gehoor het, maar jy dink mos maklik dat dit net iets is wat ander mense doen. As jy immers nie sommer enige tyd van die dag of nag roomkoek in jou mond stop nie, het jy mos nie ’n probleem nie – of hoe?

Laura Thomas is ’n opgeleide voedingsafrigter, sowel as 'n kundige op die gebied van emosionele eetgewoontes. Eerstens verwerp sy die mite dat dit 'n oorwegend vroulike domein is, aangesien sy ook met baie mans gewerk het. Volgens Laura verskil slegs die redes vir die probleem by die geslagte.

"Vroue is geneig om sterker emosionele bande te hê en dit is moeiliker om hulle te verbreek,” het sy aan Cover Media verduidelik.

"Vroue se verbondenheid (aan kos en suiker) is gekoppel aan kwessies rakende selfrespek, en dit is dieper gewortel. Vroue het meer negatiewe stemme in hul kop en dit is daar waar herprogrammering gedoen moet word.“ Daar is baie voorbeelde van emosionele etery, en Laura glo dat mense in die meeste gevalle eintlik na iets anders smag, maar dat hulle in die gewoonte verval het om ’n vinnige regmaker in die vorm van suiker te gryp. Mense kan byvoorbeeld namiddae by die werk afleiding nodig hê as daar 'n spertyd naderkom, dus verval hulle in die gewoonte om altyd om 3-uur die een of ander vorm van koek of kleinkoekies te eet. Of anders voel hulle eenvoudig verveeld en daar is geen uitdaging nie, dus gebruik hulle kos om die tyd te vul. ’n Sekere roetine kan eweneens ook die probleem wees – hoeveel van ons het trouens die gewoonte om die ketel aan te skakel en ’n paar koekies te eet om ons aan die einde van die dag op te kikker.

'Vroue se verbondenheid (aan kos en suiker) is gekoppel aan kwessies rakende selfrespek, en dit is dieper gewortel.'

"Suiker is stresverligting by verstek” het Laura verduidelik.

Jy moet dus in die eerste plek dít waarna jy eintlik smag, verstaan en identifiseer, en, sodra jy dit gedoen het, behoort jy 'n teikenplan van aksie te kan uitdink wat jou in staat kan stel om op te hou om na snoepgoed te reik.

"Gaan buitentoe vir ’n wandeling, om te mediteer, te oefen of net in aanraking te kom met 'n vriend – selfs al jy net ’n selfoonboodskap. Dit alles hang af van die rede (vir jou emosionele etery),“ het Laura verduidelik.

"Soek die sleutel tot jou afhanklikheid van emosionele etery; soek die sneller daarvoor en probeer om 'n alternatiewe optrede daar te stel.”

Die deskundige – wie se webblad happysugarhabits.com is, wat ’n blog in met baie wenke insluit – stel voor dat jydie tyd aanteken wanneer jy happies eet, wat jy geëet het en hoe jy voel, want dit sal jou help om die onderliggende redes vir jou probleem vas te stel.

Dit is ook die moeite werd om alternatiewe te versamel wat nie baie suiker bevat nie, sodat jy kan peusel wanneer jy wil, sonder om skuldig te voel. Laura se vernaamste keuses het op neute, wortelstokkies met hummus, neutbotter in seldery, kersietamaties met ’n bietjie kaas of klappervlokkies geval. Vir diegene wat nie sonder koekies kan klaarkom nie, stel sy voor dat jy neutbotter op ’n ryskoekie smeer.

© Cover Media