Ons ken almal die storie: Jy het pas met iemand uitgemaak en gryp na die roomysbak as troos, oefen dat dit bars in die gim en bederf jou agterna met iets lekkers.

Wat jou redes ook al is; ’n emosionele etery raak die meerderheid van ons.

Hierdie manier van eet kan egter vernietigend wees, en daarom is dit belangrik om op die uitkyk te wees vir die gevaartekens sodat jy dit kan keer voor dit ’n ernstige probleem raak.

Tekens dat jy ’n emosionele eter is:

Eet jy meer as jy gestres is?

’n Emosionele etery is ’n onbewustelike optrede wat deur stres, angs of vrees veroorsaak kan word. As jy in sulke situasies agterkom jy soek kos, is dit dalk meer as ’n outomatiese reaksie op ’n moeilike tyd.

Lees ook: Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender

Eet jy al is jy versadig?

’n Gepeusel ná etenstye of deur die loop van die dag kan nog ’n teken wees, veral as jy nooit versadig voel nie. Wees ook versigtig om nie jou bord te vol te skep of ’n tweede keer op te skep nie, al voel jy nie meer honger nie.

Raak jy gou honger?

Hongerte gebeur geleidelik. As jy agterkom jy is skielik desperaat vir kos, kan dit dalk emosionele eetdrange wees.

Beloon jy jouself met kos?

Almal is seker nou en dan hieraan skuldig, maar as jy gedurig kos as ’n beloning beskou, is dit tyd om te probeer uitpluis hoekom dit die geval is.

Voel jy skuldig nadat jy jou aan kos vergryp het?

Wanneer jy eet om brandstof aan jou liggaam te verskaf, moet jy nie skuldig voel daaroor nie. Hongerte is immers jou liggaam se manier om te sê jy het kos nodig, en dit moet ’n bevredigende ervaring wees om jou honger te stil.

Lees ook: Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

Maar as jy na kos gryp wanneer jy nie regtig honger is nie, kan dit jou skaam en magteloos laat voel. Die gevaarligte moet ook flikker as jy kos as jou vriend beskou.

Indien dit vir jou bekend klink, is dit nou tyd om iets aan die saak te doen.

Vra jouself af as jy honger raak of jy werklik honger is. As jy twyfel, drink water – dikwels het jou liggaam net water nodig as jy so voel.

Identifiseer kos wat dien as ’n sneller, veral soetgoed, en hou ’n kosdagboek. So kan jy kyk wanneer en wat jy eet.

Eet stadig en geniet jou maaltye, want om versadig te voel, neem tyd. Geniet jou kos en moenie jou emosies daarin uitleef nie.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Kyk: Danspassies van knapie in kruisbande bekoor

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

Monaco se koninklike babas leer glo vier tale, Afrikaans inkluis

Kyk, daar vlieg ’n . . . hond?!