Die opwinding verflou egter baie vinnig as jy elke aand honger gaan slaap of jy hoor hoe jou maag in 'n vergadering by die werk grom. Is dit normaal om so honger te voel terwyl jy gewig probeer afskud?

Hier kom die antwoord: Jy behoort nie gedurig honger te voel as jy 'n dieet volg nie, hoewel dit normaal is om sowat drie tot vier keer per dag teen etenstyd liggies tot middelmatig honger te voel. Dit is die deskundige mening van Cynthia Sass, skrywer van S.A.S.S! Yourself Slim: Conquer Cravings, Drop Pounds and Lose Inches. Dit is heeltemal gesond om sowat drie tot vyf uur ná ete hongerig te voel (dit is hoe lank die kos veronderstel is om jou versadig te laat voel).

As jy gouer ná byvoorbeeld ontbyt of middagete begin lus raak vir kos, smul jy beslis nie aan die regte kos nie! Kekerertjies, lensies, neute en eiers is maar ’n paar van die goed wat jou sal help om jou doel te bereik.

Wanneer jy ’n dieet volg, is dit is ook belangrik dat jy nie maaltye oorslaan of afwyk van ’n gesonde kilojoule-inname nie – konsentreer eerder op wat jy eet as op hoeveel jy eet (jy moet egter by gesonde porsiegroottes hou).

Benewens honger, mag jy dalk effens moeg voel in die beginstadium van ’n dieet. As jy heelwat ekstra oefening kry, kan dit selfs erger voel. Jy verloor slegs gewig as jy meer kilojoules verbrand as wat jy inkry, dus is dit nie ongewoon om minder energie te hê nie.

Dit word aanbeveel dat mense 54 kJ per 500 g vet verbruik as hulle baie onaktief is aangesien meer kilojoules jou gewig sal laat ophoop pleks van die teenoorgestelde. Hoe aktiewer jy is, hoe meer kilojoules kan jy inneem, want jy sal hulle verbrand.

’n Lus vir suiker is nog ’n algemene newe-effek aangesien jou liggaam tyd nodig het om gewoond te raak daaraan om nie gereeld soetgoed in te kry nie. Hierdie drange behoort taamlik gou oor te gaan, maar solank hulle daar is, hoef jy jouself net te herinner dat jou liggaam nie die hulp van hoë suikervlakke nodig het om goed te kan funksioneer en energievlakke maklik te kan volhou nie.

© Cover Media