MuscleFood.com het besluit om uit te vind en die resultate sal veroorsaak dat jy die huisskoonmakery in ’n heel nuwe lig sien.

“Ons was werklik verbaas oor wat ons uitgevind het. Wie het nou kon dink dat iets so moeiteloos soos beddens opmaak jou dieselfde hoeveelheid oefening gee as 1,6 km se stap,” het Darren Beale van MuscleFood verduidelik.

“Baie van ons vind dit moeilik om oefening by ’n besige skedule in te pas, veral as jy boonop die sleurwerk elke week moet doen. Nou hoef jy nie so erg skuldig te voel oor daardie muffin wat jy vroeër verorber het nie, want jy het hom weggewerk deur die vensters te was.”

Lees ook: Wil jy sterk maagspiere hê? Lag meer!

Heel boaan die lys is dat jy ’n yslike 2 340 kJ verbrand as jy 15 minute lank skottelgoed was. Dit verbrand omtrent net soveel energie soos om 2 500 m ver te swem. Hoekom nou jou hare laat nat word as jy net ’n bietjie seep aan jou hande hoef te kry?

Die volgende een is drie uur se stryk, wat dalk lank klink, maar as jy ’n groot bondel klere op een slag stryk, kan jy 1 750 kJ verbrand, dieselfde as tydens ’n Zumbaklas.

As jy ’n uur lank vensters was of die gras sny, kry jy dieselfde resultate: sowat 1 380 kJ en dit beteken jy kan met ’n rein gewete 20 minute se HIIT-oefeninge of 40 opsitte oorslaan.

Lees ook: Dié wondermiddel kan jou vanjaar maer maak

As jy nie baie tyd het vir sleurwerk as jy die huis skoonmaak nie, is 15 minute se beddens opmaak jou antwoord. Dit verbrand 273 kJ, net soveel soos twee minute se planking.

Dus, dames en here, kry jou verestoffer, stofsuier en mop gereed pleks van duur ledegeld aan die gimnasium betaal en ’n oefenfietstrappery wat jy verpes.

’n Skoon huis en ’n dun lyf – klink dit nou nie fantasties nie!

© Cover Media

Ander stories op huisgenoot.com:

Kyk: Gys de Villiers ontsenu in nuwe rillerprent

Regstreeks: Kyk hoe hou Lianie May haar lyf sjef saam met kombuis-ghoeroe

Kyk: Suzelle se Valentynsplanne loop liederlik skeef!

Local is lekker, bewys SA sjef wat in Frankryk Michelin-ster kry