huisgenoot nuus

Leanne du Preez van Uitehage in  die Oos-Kaap, Huisgenoot se Klop-die-Skaal-koningin, is deesdae blond en 76 kg ligter as toe ons meer as twee jaar gelede die eerste keer van die diep ongelukkige jong brunet vertel het wat toe die skaal op ’n volle 191,5 kg getrek het.

Op haar pad na ’n slanker lyf en ’n gesonder leefstyl het sy terugslae beleef, maar weer op dreef gekom. Nou help sy ander mense om ook soos sy die vetjies te laat wegsmelt.

Pieter van Zyl

Kyk hier na ’n onderhoud met Leanne: