Alles het begin by ’n roetinebesoek aan die mobiele bloedskenkingskliniek – ’n reis wat ek al sedert my hoërskooljare onderneem.

Op pad uit die bloedskenkingsvertrek (nadat ek aan hul heerlike koekies gesmul het), gaan staan ek stil by die lessenaar van die Suid-Afrikaanse Beenmurgregistrasie (SABMR). Ek wou nog altyd as beenmurgskenker registreer, dus het ek gaan sit om die vorm in te vul en op hul databasis as skenker geregistreer te word. Ek is daardie dag terug werk toe en het oor die daaropvolgende paar maande heeltemal daarvan vergeet – tot ek ’n e-posboodskap van die Westelike Provinsie se Bloedoortappingsdiens (WPBD) kry.

A photo posted by @kelseaelizabeth8 on

Hulle verduidelik toe in die e-pos dat hulle my besonderhede op die registrasielys van die Suid-Afrikaanse Beenmurgskenkers opgespoor het en dat ek ’n ideale pasmaat is om plaatjies (’n klein, skyfvormige seldeeltjie wat help met die stolling van bloed) te skenk aan ’n vrou wat aan beenkanker ly en wat die oortapping dringend nodig het.

Hulle vra toe of ek die volgende dag gereed kan wees vir die oortapping. Ek moet erken, ek was ietwat bang en huiwerig, want dinge het destyds nogal woes gegaan by die werk (ons en ons eerstewêreldse probleme!). Hulle het my egter verseker die prosedure sou nie langer as 90 minute neem nie en aangebied om ’n bestuurder te kry wat my by die huis kon oplaai en weer by die werk gaan aflaai. Met my aankoms het die vriendelikste gesigte my ingewag en hulle het my laat voel ek red die wêreld vrou-alleen. Ek is gedurende die prosedure ongelooflik gemaklik gemaak. Op die ou end was dit eintlik ’n baie nodige rustydjie – hulle het gratis Wi-Fi, jy kan na ’n rolprent kyk en selfs ’n toebroodjie of ’n koppie koffie geniet. Maar hoe werk dit nou eintlik?

Tydens ’n plaatjieskenking word ’n klein bietjie van jou bloed (ongeveer 60 ml per keer) uit jou arm getrek en dan gaan dit deur ’n werklik verstommende masjien wat die selle skei. Die masjien versamel die plaatjies en stuur dan die oorblywende bloedsamestelling, tesame met ’n bietjie antistolmiddel, terug na jou.

Lees ook: Jou bloed kan ’n lewe, dalk drie lewens, red Hulle het my verseker ek sou ná die skenking my gewone aktiwiteite kon hervat, maar ek moes die res van die dag nie swaar goed lig of strawwe oefeninge doen nie. Ek het effens futloos gevoel, maar kon reguit teruggaan werk toe en heeltemal goed voortgaan (alhoewel een van my kollegas wat arendsoë het, opgemerk het ek lyk ’n bietjie blekerig). Hoekom het mense plaatjie-oortappings nodig?

A photo posted by Shelby Tisdale (@shtizdale) on

Die liggaam vervaardig in die beenmurg plaatjies en ’n gesonde mens kan enigiets van 150 000 tot 450 000 plaatjies per mikroliter bloed hê wat sirkuleer. Plaatjies is ’n samestelling van bloed wat bloeding stopsit deur saam te drom en klonte by beskadigde bloedvate te vorm.

Die onbekende pasiënt aan wie ek my bloedplaatjies geskenk het, het ’n uiters lae bloedplaatjietelling, of trombositopenie, ’n siekte wat bloeding, asook maklike kneusing, ontwikkel as gevolg van haar leukemie (of beenkanker). Sekere soorte bloedarmoede, outo-immuunsiektes, virusinfeksies, soos hepatitis C of MIV, medisyne vir chemoterapie of strawwe alkoholinname kan ook oorsake wees vir ’n lae plaatjietelling. Hoe kan jy betrokke raak? In my geval is ek spesifiek gekoppel aan ’n pasiënt aan wie ek die plaatjies geskenk het, maar die WPBD het ook ’n plaatjiebank. Die dokter skryf die plaatjies voor en vra hulle by die WPBD aan, wat dan ’n geskikte skenker opspoor by wie hulle die plaatjies kan herwin. Om ’n afspraak te maak, skakel die Aferese-Eenheid by die Westelike Provinsie-Bloedoortappingsdiens by 021-531-0709. As aangewese skenker sal jy die standaardvraelys vir skenkers moet invul.

A photo posted by Dani McGublin (@danigublin) on

Wat jy moet weet:

  • Jy en die mens aan wie jy die plaatjies skenk, hoef nie noodwendig aan dieselfde bloedgroep te behoort om die perfekte paring te wees nie.
  • Volgens ’n verteenwoordiger van die WPBD kan jy elke drie tot vier weke plaatjies skenk, trouens, die menslike liggaam kan binne 48 uur ná ’n skenking sy plaatjietelling vervang.
  • Dit hang van die mediese toestand van die ontvanger af hoe lank die plaatjies in sy/haar liggaam gaan hou, maar ontvangers het meestal dikwels plaatjies nodig – soms elke dag.
  • ’n Skenker moet 16 jaar oud wees voor hy/sy plaatjies kan skenk (alhoewel die WPBD die ouers se toestemming nodig het) en jou ouderdom maak nie saak nie, solank jou gesondheid net goed is.

Deur Lindsay de Freitas