Is jy nie seker waarvoor jy op die uitkyk moet wees nie? Gesondheidskundiges dui hier onder aan hoe jy verskillende lastighede met jou met jou kykers moet interpreteer.

Donker kringe

Mense reken dit is te wyte aan te min slaap en dit is waar – dit is die grootste sondaar. 'n Voedingskundige, Cassandra Barns, het aan Cover Media verduidelik dat dit egter op iets meer ernstigs kan dui.

“Daar is twee moontlike gesondheidsoorsake: skildklierprobleme en bloedarmoede. As jy nog steeds buitengewoon moeg voel (wat 'n simptoom van albei hierdie siektes kan wees), ten spyte van die feit dat jy genoeg slaap kry, en die donker kringe gaan nie weg nie, gaan spreek jou dokter sodat jy getoets kan word vir albei hierdie siektes,” het sy beklemtoon.

By bloedarmoede moet jy jou ysterinname verhoog, dus moet jy aan meer eiers, lensies en maer vleis weglê. Vitamien C help om yster in die bloedstroom te absorbeer en groentes, soos rooi soetrissies, broccoli en kool, is propvol Vitamien C.

As daar probleme met jou skildklier is, sal jy medikasie nodig hê, dus moet jy nie eens probeer om dit self aan te pak nie.

Die wit van die oë is geel

Hierdie een moet jy nie verwaarloos nie. Cassandra benadruk die feit dat dit 'n aanduiding kan wees van ernstiger siektes, soos lewerontsteking, wanfunksionering van die lewer, obstruksie in die galbuise of geelsug.

Of, as die dokter nie een van die bogenoemde kwale kan opspoor nie, kan jou lewer miskien 'n bietjie liefdevolle aandag kort.

Michela Vagnini, voedingkundige by www.naturesplus.co.uk, stel voor dat jy in hierdie geval jou inname van alkohol, verwerkte kosse en suiker verlaag. Jy kan ook 'n leweraanvulling by jou plaaslike apteek of gesondheidskoswinkel kry, sodat jy gouer weer perdfris kan wees.

Bloedbelope oë

Dit kan veroorsaak word deur iets so eenvoudig soos om heeldag voor die rekenaar te sit, want as jy heeldag na die skerm staar, veroorsaak dit spanning op jou kykers.

Elouise Bauskis, voedingkundige by www.nutricentre.com, sê "Maak seker dat jou oë elke nou en dan rus – vir ten minste 5 of 10 minute per uur. Kyk by voorkeur elke 15 minute of so weg van die skerm af en staar in die niet. As jy oogspanning ondervind, is dit die moeite werd om jou oë te laat toets om uit te vind of jy 'n bril nodig het en of jou voorskrif dalk aangpas moet word.”

Bloedbelope oë kan ook 'n aanduiding wees van verswakkende haarbloedvaatjies, 'n toestand bekend as haarbloedvat-broosheid. Die oogprobleme kan vergesel word deur neusbloeding en blou kolle/maklike kneusings, so wees bedag daarop. In hierdie geval moet jy meer Vitamien C inkry.

Aan die ander kant kan 'n allergie of hooikoors die sondebokke wees en hiervoor gebruik ons antihistamine.

Geeneen van die bogenoemde kwale nie?

“Ernstige aandoenings, soos konjunktivitis, blefaritis, uveïtis en gloukoom kan ook rooiheid veroorsaak,” het Elouise bygevoeg en aanbeveel dat jy behandeling kry.

© Cover Media