Kardio-oefening speel ’n groot rol in baie mense se fiksheidsroetine, met die trapmeul en elliptiese toestel wat waarskynlik twee van die gewildste masjiene in die gim is.

Mense wat gereeld marathons hardloop of deelneem aan ander uithousport soos driekamp en roei, is dikwels meer geneig om te ly aan hartsiektes, stywe are, en plaak-opbou, volgens navorsing opgesom in die artikel Potential Adverse Cardiovascular Effects from Excessive Endurance Exercise. Hoe meer plaak in jou are, hoe moeiliker is dit vir bloed om deur jou liggaam te vloei, wat ernstige probleme kan veroorsaak.
Wanneer jy dus weer gaan hardloop, probeer 2 minute draf en 1 minuut vinnig hardloop.

Daar is bevind dat maande se herhaalde beserings weens strawwe kardio onder meer kan lei tot miokardiale fibrose, sowel as koronêre verkalking, diastoliese disfunksie (die agteruitgang van die hart se ventrikels), en slagaar-muurverstywing. Daar word aanbeveel dat jy liewer hoë-intensiteit-intervaloefening (HITT) doen, waar jy jou oefeninge opdeel tussen intense beweging en minder intense aktiwiteite. Wanneer jy dus weer gaan hardloop, probeer 2 minute draf en 1 minuut vinnig hardloop.

Nog ’n nadeel van te veel kardio, en een wat ’n mens dalk nie verwag nie, is gewigstoename. Hoe meer oefening van hierdie aard jy doen, hoe meer kortisol vervaardig jou liggaam, wat jou brein mislei om vet te stoor wanneer jy dit eintlik wil verbrand. Jou vermoë om suiker te verwerk word boonop geraak, en as suiker nie reg verwerk word nie kan dit lei tot ’n toename in gewig. Dit is nog ’n rede waarom HIIT voordelig is, of jy kan net ander vorme van oefening probeer om fiks te bly pleks van kardio.

Kragoefening is goed vir alle ouderdomme, help jou om jou liggaam gesond te hou en bevorder ander oefening, sodat wanneer jy gaan draf, jy fisiek baie meer toegerus sal voel. Jou bene sal boonop sterker word, en danksy die endorfiene wat vrygestel word, sal jy ook goed voel. En enige probleme met jou are sal vroeg opgemerk word wanneer jy eers meer krag kry omdat dit jou teen hartsiektes beskerm.

Joga is nog ’n opsie en jou buigbaarheid sal toeneem, jou postuur sal verbeter en krampe en pyne sal mettertyd verdwyn. Dit word ook verbind met bloeddrukverlaging en sal jou help gewig verloor sonder om tot die uiterste te gaan, soos met kardio. Joga is ook bekend vir die voordele met asemhaling, en help weer met ander oefeninge wat jy op ander tye doen.

© Cover Media