Tieners wat in die skool bly tot hulle minstens 18 jaar oud is, kan heel moontlik demensie misloop soos die jare aanstap, blyk uit onlangse navorsing.

As jy jou brein in jou jeugjare, en ook as volwassene, vir so lank moontlik besig hou, kan dit die sleutel wees tot die afwering van die siekte, wat die geheue en persoonlikheid raak en ook jou redenasievermoë strem.

Lees ook: Kankerlyer vertel roerend: ‘As dit nie vir die baba was nie, sou ek nooit van die gewasse uitgevind het nie’

In die navorsing, wat in die tydskrif Neurology gepubliseer is, is 393 demensievrye mense oor 70 jaar oud betrek wat die geen APoE4, wat die risiko vir die siekte verhoog, òf het òf dit nie het nie.

Hulle is in groepe verdeel volgens hul onderriggeskiedenis, tot watter mate hulle hul brein aktief gehou het en of hulle die geen het of nie. Breinskanderings is ingespan om die biomerkers van die siekte te identifiseer, byvoorbeeld beta-amiloïde proteïnfragmente wat by Alzheimerpasiënte teenwoordig is.

Dié wat die geen het en minstens 14 jaar onderrig ontvang en hul brein aktief gehou het, het laer vlakke van beta-amiloïde gehad as dié wat APoE4 het en nie hul brein in oefening gehou het nie.

By die bestudering van die groep as geheel is egter bevind dat opleiding, beroep en brein- en fisieke aktiwiteite min uitwerking op die hoeveelheid beta-amiloïde gehad het.

Die hoofwetenskaplike, dr. Prashanthi Vemuri, het opgemerk mense behoort hul brein voortdurend te stimuleer. Hy het bygevoeg “wesenlike bewys” bestaan wat toon dat dié soort aktiwiteite ouderdomsverwante geheue- en denkprobleme voorkom.

Lees ook: Hier is hoe jy dalk jou kans op borskanker kan verlaag

“Onlangse studies het teenstrydige resultate getoon oor die waarde van fisieke en breinaktiwiteite wat die risiko betref om Alzheimersiekte te ontwikkel, en ons het gemerk vlakke van opleiding in die betrokke studies het verskil,” het hy verduidelik.

“Toe ons spesifiek na die vlak van lewenslange studie kyk, het ons gevind draers van die APoE4-geen wat hoër opleiding gehad en in hul middeljare aanhou leer het, het minder amiloïde-ladings op beeldvorming gehad in vergelyking met dié wat nie in hul middeljare intellektuele aktiwiteite voortgesit het nie.”

Dr. Simon Ridley, hoof van die wetenskapafdeling by die welsynsorganisasie Alzheimer’s Research UK, het ook opgemerk daar is ál meer bewyse dat dit jou brein in jou later jare kan baat as jy verstandelik aktief bly.

“Aangesien geeneen van die vrywilligers wat by die studie betrokke was, simptome van demensie getoon het nie, is dit moeilik om gevolgtrekkings te maak oor die langtermyn-uitwerking van hierdie faktore op die risiko vir demensie,” het hy opgemerk.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vaaljan ‘Wikus van de Merwe’ van District 9-faam haak af met sy SA skoonheid

Dramatiese reddingspoging ná man glo weier om van 40 m hoë kragpaal te klim

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Seer knieë? Probeer botoks

Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’