Onlangse navorsing toon mense met hooikoors is vier keer meer geneig om ernstige depressie te ontwikkel.

Wetenskaplikes glo wanneer jou bloedvate en weefsel ontsteek raak weens ’n allergiese reaksie op stuifmeel, het dit ’n langdurige, skadelike uitwerking op jou brein. Die allergiese reaksie veroorsaak simptome soos nies, ’n loopneus en oë wat jeuk. Dit is hoe jou liggaam probeer ontslae raak van die oorsaak van die allergie – in hierdie geval stuifmeel.

Nuwe getuienis dui daarop dat jou geestesgesondheid daaronder kan ly as jy verskeie maande lank laegraadse inflammasie het. Wetenskaplikes by die Nasionale Yang-Ming-universiteit van Taiwan het ongeveer 10 000 tieners met hooikoors en 30 000 daarsonder bestudeer.

Ná byna ’n dekade het hulle aangeteken by hoeveel van die tieners later bipolêre steuring gediagnoseer is. Dis ’n vorm van depressie wat dikwels gekenmerk word deur maniese tye, gevolg deur uiters depressiewe fases. Die resultate, wat in die Journal of Psychosomaric Research gepubliseer is, het getoon die kans op so ’n diagnose is groter by die tieners met hooikoors. Iets so eenvoudigs soos ibuprofen kan die simptome egter help voorkom, glo wetenskaplikes.

Dit onduidelik wat die verband tussen hooikoors en geestesprobleme is.

Dit onduidelik wat die verband tussen hooikoors en geestesprobleme is. Een moontlike rede is die pro-inflammatoriese sitokien wat in die brein vrygestel word.

Proteïen gee aanleiding tot inflammasie en lei tot die vrystelling van ’n chemikalie wat van vreemde “invallers” soos stuifmeel moet ontslae raak. As die liggaam dit regkry, ervaar jy verligting van die inflammasie. As die liggaam nie daarvan kan ontslae raak nie, kom daar probleme.

Die navorsers wil nou die uitwerking ondersoek van anti-inflammatoriese medisyne op pasiënte wie se serotonienvlakke nie deur die gebruik van antidepressante verhoog het nie.

Dr. Valeria Mondelli, een van die navorsers, het bygevoeg inflammasie beskerm die brein teen infeksie. “Maar as dit chronies is, lyk dit of dit breinselle begin beskadig.”

© Cover Media