Die Amerikaanse Akademiese vir Slaapmedisyne het nuwe riglyne uitgereik oor hoeveel slaap van babas tot tieners nodig het. Die lys is deur 13 slaapkenners en -navorsers saamgestel.

Lees ook: Vermy die skaal as jou kind oorgewig is, waarsku kenners

Dit is glad nie verrassend nie dat babas die meeste slaap nodig het. Hulle is heel boaan die lys en 16 uur slaap per dag word vir hulle aanbeveel. Volgens die riglyne behoort tieners tussen agt en 10 uur se slaap in te kry, maar dit hang af van die kind se ouderdom.

Hier is die kenners se riglyne:

Babas van vier tot 12 maande: 12-16 uur per 24 uur, kort slapies ingesluit.

Kinders van een tot twee jaar: 11-14 uur per 24 uur, kort slapies ingesluit.

Kinders van drie tot vyf jaar: 10-13 uur per 24 uur, kort slapies ingesluit.

Kinders van ses tot 12 jaar: 9-12 uur per 24 uur.

Tieners van 13 tot 18 jaar: 8-10 uur per 24 uur.

Die riglyne is goedgekeur deur die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie (AAP). Hierdie groep moedig ouers aan om die riglyne met pediaters en dokters te bespreek en sê ook genoegsame slaap sal lei tot beter konsentrasievermoë, gedrag, leervermoë, geheue, emosionele selfbeheersing, lewensgehalte en psigiese en fisieke gesondheid.

As ’n mens nie elke aand genoeg slaap inkry nie, kan dit lei tot meer beserings, hoë bloeddruk, vetsug en depressie. Laasgenoemde geld veral vir tieners; dit kan tot ’n hoër risiko vir selfbesering en selfdood lei.

Lees ook: ’n Derde van ma’s vorm moeilik ’n band met hul pasgebore baba

Die kenners beveel ook aan dat elektroniese skerms 30 minute voor slaaptyd afgeskakel word en dat geen TV’s, rekenaars en ander skerms in kinders se slaapkamer toegelaat moet word nie.

Die AAP het benadruk veral vir babas en kinders is ’n slaaptydroetine belangrik, want dit sal verseker dat hulle genoeg slaap.

Die volledige riglyne is in die Journal of Clinical Sleep Medicine gepubliseer.

© Cover Media