Nee, dis nie omdat dit ’n bietjie ongemaklik is om direk in iemand se oë te staar as julle soen nie.

Volgens ’n studie deur die Royal Holloway-kollege aan die Universiteit van Londen, is daar ’n wetenskaplike rede daaragter hoekom ons nie ons oë kan oophou wanneer ons soen nie (behalwe as ons nie heeltemal meegevoer is deur die soen nie).

via GIPHY

Basies kan ons brein dit nie hanteer nie.

Lees ook: Selena Gomez se roerende antwoord op Justin Bieber foto van hulle in gelukkiger tye

Die sielkundiges Polly Dalton en Sandra Murphy het bevind “tasbare bewustheid hang af van die vlak van persepsie in ’n gelyklopende visuele taak”.

via GIPHY

Met ander woorde, die brein kan nie enige sensoriese stimulus verwerk terwyl dit op ons visuele stimuli konsentreer nie.

Lees ook: Kyk net wat gebeur as ’n dogtertjie vir ’n leeu ’n soentjie blaas

Die studie, wat in die Journal of Experimental Psychology: Human Perception and Performance gepubliseer is, het nie behels dat mense se reaksie getoets is terwyl hulle soen nie (seker omdat dit darem erg ongemaklik vir die betrokkenes sou wees).

via GIPHY

Volgens die Independent het deelnemers takies van wisselende moeilikheidsgrade voltooi waar hulle letters moes soek terwyl hul tasbare reaksie gemeet is aan ’n ligte vibrasie wat op hul hande toegepas is.

via GIPHY

Polly en Sandra het gevind mense is minder reaktief op die sensasie terwyl hulle op visuele take fokus. “Die resultate kan verduidelik hoekom ons ons oë toemaak as ons ons aandag op ’n ander sintuig wil fokus,” sê Polly.

“Om die visuele uit te skakel, los meer ruimte om te fokus op ander aspekte van ons ervaring.”

Bronne: The Independent, The Mirror, Elle

Saamgestel deur Kirstin Buick

Ander storie op Huisgenoot.com

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .