Dr. Neil McGibbon, ’n kliniese sielkundige, het aan Health24 gesê jong mense, veral adolessente, is in die ontwikkelingsfase van hul lewe en wil risiko’s loop.

Volgens hom kan dit gekompliseer word deur risikofaktore soos:

  • Genetiese geneigdheid tot verslawing en dwelmmisbruik
  • Gesins- en sosiale omgewing
  • Portuur- en vriendskapsgroepe
  • Interpersoonlike probleme en onbehandelde geestesprobleme
  • Ontnugtering en gevoelens van ontneming van regte.

Neil het aanbeveel ingeligte dwelmvoorligting, wat geskik is vir die betrokke ouderdom, moet gebruik word om kinders van middelafhanklikheid bewus te maak. “Jong mense moet ten volle ingelig wees aangaande die risiko’s wat met spesifieke dwelms gepaardgaan. Hoewel die klem op voorkoming moet wees, behoort ons realisties te wees oor die feit dat eksperimentering met dwelms bestaan en altyd daar sal wees. “Daarom moet dwelmvoorligting ook kennis van die risiko’s en die gevolge van onwettige dwelmgebruik insluit sodat, indien hulle besluit om te eksperimenteer, hulle ten minste bewus is van die feite,” het hy gesê.

Die beste manier om jong mense veilig te hou, is om eerlike, feitelike inligting te verskaf.”

Neil het ook gesê mense skram dikwels weg hiervan omdat hulle bang is voorligting sal gebruik aanhelp.

“Navorsing het getoon dit is nie die geval nie. Dit het ook getoon dat, wat dwelms betref, gebrek aan voorligting en die gebruik van bangmaaktegnieke alleen nie die moontlikheid van eksperimentering gaan verminder nie. Die beste manier om jong mense veilig te hou, is om eerlike, feitelike inligting te verskaf.”

Neil het voorts gesê leervermoë, geheue, konsentrasie, helderheid van gedagtes en algemene kognitiewe werking word alles geraak deur die gebruik van tik.

“Volgehoue gebruik van tik (metamfetamien) veroorsaak opmerklike breinskade,” het hy gewaarsku. Die gesondheidsgevare van tik Carine Marks, direkteur van die Tygerberg-gifinligtingsentrum, het aan Health24 verduidelik tik verhoog die vlakke van sekere seintoestelle in die brein, bekend as katekolamien, en dit lei tot breinstimulasie.

“Hipertermie kan die dood veroorsaak”

“Hierdie stimulasie kan lei tot tagikardie (hartkloppings), hipertensie en agitasie. Die gebruiker word dikwels eufories en psigotiese gedrag word soms waargeneem.”

Sy het ook gesê ’n oordosis kan lewensbedreigende simptome veroorsaak, soos byvoorbeeld hipertermie, stuipe, harsingbloeding, paranoïese psigose, nierversaking, hart-aritmie en miokardiese infarksie (hartaanval).

“Hipertermie kan, tesame met ander komplikasies, die dood veroorsaak.” Volgens Marks kom kardiovaskulêre komplikasies algemeen voor as gevolg van langdurige misbruik en sy voeg by slegte tande, velletsels en swak selfsorg kom ook algemeen voor by chroniese misbruik. Sy het gewaarsku komplikasies soos MIV, virale lewerontsteking en seksueel oordraagbare infeksies kan ook ontwikkel. Kontak die Suid-Afrikaanse Alliansie Teen Dwelms in Gauteng by 081-577-7715.

Bron: Health24