’n Nuwe ondersoek toon dat jou daaglikse drafsessie sal veel makliker verloop as jy ’n visuele doelwit kry.

’n Nuwe ondersoek toon dat jou daaglikse drafsessie sal veel makliker verloop as jy ’n visuele doelwit kry.

Navorsers aan die Universiteit van New York het bevind om jou blik op iets vasgenael te hou pleks van om ontspanne om jou rond te kyk bied ’n soort optiese illusie. So flous dit jou lyf om te dink jy lê ’n korter afstand af, en dit kan jou motiveer om vinniger te beweeg.

Die ondersoek, wat in Motivation and Emotion gepubliseer is, sluit twee eksperimente in wat handel oor die teorie dat om op iets te fokus die waarneming van afstand, spoed en inspanning beïnvloed. Daar word vermoed dat mense word aangespoor wanneer hulle dink hulle nader die eindstreep.

Maar hoe langer jy draf, hoe meer visuele mikpunte gaan jy langs die pad nodig hê. Dit kan enigiets wees, soos ’n bos aan die einde van die straat, ’n lamppaal, ’n bank of jou gunsteling-koffierestaurant. Die navorsers sê ook die visuele truuk sal vanselfsprekend nie werk as jy meestal op ’n trapmeul in die gim draf nie.

“Die aandagstratgie vereis regtig die visuele ervaring van ’n doelwit voor jou sien en daarheen beweeg,” sê een van die ondersoek se navorsers, dr. Shana Cole. “Dit is dalk een van die redes waarom oefensessies op trapmeule en stilstaande fietse moeiliker is om as oefenroetine vol te hou.”

Dit beteken mense wat binnenshuis oefen, sal ander strategieë nodig hê, soos ’n klankbaan vol van jou gunsteling motiverende liedjies.

“Sommige navorsing dui daarop dat om jou aandag met TV of musiek af te lei kan help wanneer mense op een plek oefeninge doen,” voeg Shana by. “Vermaak kan byvoorbeeld ’n gevoel soos moegheid, wat kan maak dat jy wil ophou, help uitdoof.”

© Cover Media