Maar vaakheid bedags kan ’n aantal ander oorsake hê. Die goeie nuus is dikwels kan dit maklik beheer word; daarom behoort jy sommer gou weer lewenslustig te voel.

1. Ontwatering

Wanneer jy by die werk besig is, vergeet jy dalk maklik om genoeg water te drink. As jy smiddae begin lam voel, moet jy liewer ’n glas water nadertrek as soet peuselhappies. Jy is dalk ’n bietjie ontwater; selfs matige ontwatering kan jou dof laat voel. Hou altyd ’n groot bottel water op jou lessenaar en neem gereeld ’n blaaskans om daarvan te drink.

2. Selfone

Dis ’n versoeking om met slapenstyd deur jou Twitter- en Facebook-toevoere te blaai of ’n laaste keer na jou werk-e-pos te kyk. Maar om na jou foon te staar verhoog breinaktiwiteit en maak dit baie moeiliker om af te skakel en in te sluimer – en enigiets wat met werk verband hou, kan jou gespanne maak.

Die kunsmatige blou lug voor slapenstyd meng ook in met jou breinaktiwiteit. Kyk liewer ’n uur voor jy gaan inkruip ’n laaste keer na jou foon. As jy sukkel om dadelik aan die slaap te raak, lees ’n boek, mediteer of luister na strelende musiek.

3. Medisyne

Drink jy gereeld medisyne? Indien wel, kyk noukeurig na die newe-effekte. Party medisyne, soos sekere soorte antidepressante en betablokkers, kan jou lusteloos laat voel. As jy nuwe pille drink en agterkom jy is moeër as gewoonlik, praat met jou dokter en kyk of of hy iets anders kan voorskryf.

4. Oefening

Oefening is gewoonlik ’n goeie manier om die streshormoon kortisol teen te werk en ná ’n lang dag liggaamlik af te wen. Maar party oefeninge kan die teenoorgestelde uitwerking hê. Om gereeld meer as ’n halfuur teen ’n gelykmatige pas te draf kan trouens die afskeiding van kortisol ’n hupstoot gee. Vermy dit deur kort sarsies intense interval-oefeninge te doen, afgewissel met kragoefeninge met gewigte.

5. Te min yster

Yster laat beweeg suurstof deur jou liggaam en verwyder afval uit jou selle. As jy minder as 18 mg per dag inkry, kan dit jou uitgeput laat voel. Wanneer die yster in jou liggaam min raak, kan dit selfs tot ’n ystertekort (anemie) ly. As jy bekommerd is dat jy ’n tekort aan dié mineraal het, vra jou dokter vir ’n bloedtoets om vas te stel of jy sal baat vind by ’n aanvulling.

© Cover Media