Met nuwe navorsing is bevind dat, al oefen jy 60 minute per dag, dit nie die uitwerking van die ander 23 uur se sit op jou liggaam kan teëwerk nie. Dit weerspreek die vroeëre opvatting dat ’n uur se oefening baie goed is vir jou liggaam.

Dr. David Alter, die hoofnavorser, glo dat oefening jou nie die reg geen om die res van die dag lui te wees nie.

Dr. Alter, van die gesondheidsnetwerk van die Toronto Rehabilitation Institute University, het gesê: “Ons het deur middel van dié navorsing bevind dat, benewens die gesondheidsvoordele, liggaamlike aktiwiteite op sigself miskien nie genoeg is om die risiko vir siektes te verlaag nie.”

Die ondersoek het die risiko vir swak gesondheid nagevors, en dit was duideliker te sien by mense wat min of geen oefening gekry het nie, as by dié wat baie aktiewer was.

Wanneer ’n mens kyk na hoe jou dag verloop, kan dit jou verbaas hoe baie jy sit. Jy sit op die trein of bus op pad werk toe en jy sit by die werk – dit alles tel op. Baie mense beweeg nie eens gedurende etenstyd nie, want hulle verkies om vasgenael te sit aan hul stoel. As jy dan tuiskom, is dit heerlik om te ontspan met jou voete in die lug. Jy sit selfs wanneer jy in ’n bad ontspan. Die bevindings toon dat, wanneer liggaamlike aktiwiteite verhoog word, daar ’n kleiner gesondheidsrisiko aan te veel sit verbonde is.

Die bevindings toon dat, wanneer liggaamlike aktiwiteite verhoog word, daar ’n kleiner gesondheidsrisiko aan te veel sit verbonde is.

“Ons sal nog navorsing moet doen om presies vas te stel hoeveel liggaamlike aktiwiteit nodig is om die gesondheidsrisiko van lank sit teë te werk en gesonder te leef,” het die hoofskrywer, dr. Avi Biswas, bygevoeg.

Dit is maklik om elke dag ’n bietjie aktiewer te raak. Probeer by een bushalte vroeër afklim of gaan stap in jou etenstyd.

Dit kan lewensbelangrik wees, want daar is onlangs bevind dat, deur gereeld in groepe in die buitelug te gaan stap, jy jou kans op beroerte, hartsiektes, depressie en selfs die terugkeer van kanker, kan verlaag.

In ’n studie deur navorsers aan die Universiteit van East Anglia (UEA) het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat die voordele van stap in groepe legio is. Dit kan insluit: verlaging van bloeddruk, rustende hartklop, bloedcholesterolvlakke, liggaamsvet en liggaamsmassa-indeks (LMI).

“Ons navorsing wys wanneer mense by ’n groep aansluit, loop hulle vinniger en verder as gewoonlik,” sê Sarah Hanson van die UEA.

“Dit is een van die beste en maklikste maniere om jou algemene gesondheid te verbeter. Die voordele is verreikend – dit strek veel verder as om mense bloot aktiewer te maak.

© Cover Media