Ons kyk na ’n paar redes oor hoekom dit goed is vir jou.

Ontgifting

Die blare van die aloe vera-plant is propvol aminosure, vitamiene en minerale, wat dit een van die natuur se beste reinigingsmiddels maak. Dit help met vertering, wat op sy beurt die liggaam van gif- en afvalstowwe suiwer. Die anti-inflammatoriese eienskappe kan ook help met probleme soos aknee, roosaknee en prikkelbaredermsindroom.

Steun die immuunstelsel

Aloe vera is propvol polisaggariede, wat die immuunstelsel beter help funksioneer. Daar is ook bewys die middel kan ’n positiewe uitwerking hê op bloedsuiker- en cholesterolvlakke.

Heilsaam vir brandwonde en om die vel te streel

Danksy die anti-inflammatoriese eienskappe daarvan kan ’n mens aloe vera in sy suiwer vorm gebruik, of bloot produkte wat dit bevat. Deur kankernavorsing in die Verenigde Koninkryk is bevind sommige mense gebruik dit om brandwonde te behandel wat deur hul radioterapie veroorsaak word. Dit verfris die vel, help die vogbalans herstel en verhoog die vervaardiging van kollageen.

Aloe vera is in supermarkte en gesondheidswinkels te kry in onder meer drankies, jel, rome en naskeerprodukte.

© Cover Media