.

Dit lyk asof daar ’n konstante vloed van inligting is oor die beste ouderdom om swanger te raak (die datum het gewoonlik reeds verstryk), sowel as ’n gedurige debat oor die wenslikheid daarvan dat vroue hul eiers behoort te vries.

Dit is veral vreesaanjaend, aangesien stres een van die slegste goed is vir iemand wat sukkel om swanger te raak. Wat staan jou dus te doen?

Wel, nogal heelwat. Dis hoog tyd om, eerder as om te tob oor goed waaraan jy niks kan doen nie, aan proaktiewe stappe te dink wat jy kan doen as jy ’n baba wil hê. Een ding is duidelik: hier word geen druk uitgeoefen nie – dit is net idees wat jy moet oorweeg as jy weet jou toekoms sluit ’n gesin in.

Oorweeg voorbehoeding Talle vroue kies ’n variasie op die Pil om seker te maak hulle raak nie swanger nie, maar die voorbehoedmiddel kan verskillende soorte uitwerkings op verskillende vroue hê. As jy in die toekoms ’n baba wil hê, moet jy weet wat jou ware siklus is, en die enigste manier waarop jy dit kan uitvind, is om die Pil te los. Dit kan maande duur vir jou menstruasie om terug te keer na normaal en dit is nog voor ’n mens selfs die gereeldheid daarvan kan oorweeg. Die Pil kan goed soos polisistiese ovariale sindroom verbloem.

"Bokwiet en Brasiliaanse neute kan glo vrugbaarheid aanhelp"

Dieet

Swanger vroue moet op voedsame kos fokus wat aan hul baba al die voedingstowwe kan gee wat hulle nodig het, maar jy moet hierdie sienswyse begin volg nog voor jy verwag. Hulle sê bokwiet en Brasiliaanse neute, sowel as baie ander voedselsoorte, kan glo vrugbaarheid aanhelp.

Dan is daar nog bewyse dat die eet van sekere kosse op vasgestelde tye in jou siklus voordelig kan wees. Byvoorbeeld: mindbodygreen.com raai jou aan om patats te eet voor jy begin menstrueer.

Hanteer stres Dit is ’n taai een, want niemand van ons hou daarvan om beangs te voel nie. ’n Studie van 2014 wat in die tydskrif Human Reproduction gepubliseer is, het ’n skakel tussen langtermynstres en onvrugbaarheid gevind. As jy dus ’n hoë werklading het en jy sukkel om tyd te kry om rustiger te word, moet jy jou sake heroorweeg. Ons stel nie voor jy moet bedank nie, maar dit kan tyd wees dat jy meer uitvind omtrent die kuns van delegeer of daarop aandring om nie oor naweke gepla te word nie.

"Weerstaan die versoeking om Google te gebruik"

Hou op navorsing doen

Hierdie een is moeilik, maar dit is hoog tyd om die skootrekenaar opsy te skuif. Jy kan ’n studiestuk vind wat feitlik alles waaroor jy jou ook al kan bekommer, aanlyn sal steun. Weerstaan die versoeking om Google te gebruik vir inligting omtrent swangerskap.

Volgens baie vroue het hulle gesukkel om swanger te raak tot hulle op ’n stadiger pas besluit het en toe het dinge op ’n natuurlike wyse gebeur. Dieselfde geld vir toebehore – party soorte inligting is nuttig, maar om simptome aangaande jou liggaam na te speur, is nie.

As jy werklik desperaat is om ’n baba te kry en ’n bietjie hulp gebruik, oorweeg dit om ovulasiestokkies uit te toets. Dit dui aan wanneer dit die beste tyd is om te probeer.

© Cover Media