Jou fiksheidsplan is vasgestel, jy hou streng daarby en oefen minstens drie keer per week. Jy loop nooit jou gimsessie mis nie.

Maar kom jy agter, jy hou steeds die horlosie dop terwyl jy op die trapmeul is omdat jy so graag wil hê die tyd moet vinniger verbygaan? Wel, jy is nie al nie.

Vermenigvuldig jou spierwerking As jy meer as een spiergroep op ’n slag oefen, kan jy dalk jou roetine halveer deur jou hele liggaam betrokke te kry by die oefening waarmee jy besig is. Hurkoefeninge oefen jou rug, bene en maagspiere, en as jy opstote by jou fiksheidsplan voeg, sal jy jou bors, driekopspiere en skouers oefen. Vat ’n bietjie tyd af van die toerusting en gaan na die mat om jou oefensessie vinniger te maak.

'Pleks daarvan om te rus tussen stelle wanneer jy gewigte gebruik, verminder die lading ná elke stel en gaan reguit na die volgende een.'

Raak lief vir drop-sets

Pleks daarvan om te rus tussen stelle wanneer jy gewigte gebruik, verminder die lading ná elke stel en gaan reguit na die volgende een. Sodra jy klaar is met die tweede stel, verlaag die gewig weer en gaan vir ronde drie. Moenie lui raak en jou tegniek laat wankel nie. Wanneer jy drop-sets gebruik, kan jy jou gewone gewigsroetine binne die helfte van die tyd afhandel.

Moenie aktiewe hersteltyd mors nie

Daardie paar minute tussen oefeninge is vir jou om bietjie asem te haal, maar baie van ons gaan eers gou op Facebook of gesels met ons vriende in die gim. As jy tyd wil bespaar, moet jy dit uitsny. Jy moet natuurlik tyd af vat voor jy aanbeweeg na die volgende masjien, maar probeer ’n minuut van intense oefening ook byvoeg. Een minuut van touspring, spin of burpees sal jou vinniger laat kalorieë verbrand sonder om enige ekstra tyd by te voeg. Jy sal selfs vroeg kan huis toe gaan as jy ’n paar ekstra oefeninge byvoeg.

Strek by die huis

Dit is baie belangrik dat jy strek nadat jy geoefen het en jou liggaam gaan jou nie bedank as jy hierdie stap oorslaan nie. As jou tyd regtig min is wanneer jy klaar geoefen het, gaan huis toe en strek liewer jou liggaam daar.

© Cover Media