Teleurstelling staar ons almal die een of ander tyd in die gesig. As jy dit reg hanteer, kan dit jou sterker maak.

Ja-nee, teleurstelling is onvermydelik. Of dit nou jou beste maat is wat jou in die rug steek of jou ouers wat nie hul belofte nakom nie, teleurstelling is deel van die lewe en deel van grootword. Dis moeilik om te aanvaar, maar mettertyd sal dit beter raak; moenie te gou moed opgee nie.

1.    Voel dit

Dit help nie om jou gevoelens weg te steek nie. Dit lyk dalk nou na die maklikste uitweg om dit op te krop, maar op lang termyn is dit nadelig. Kry dit uit. Huil. Praat met iemand. Skryf ’n dagboek. Verf. Begin iewers. Doen enigiets om jou emosies uit te stort. Sodra jy jou gevoelens erken, kan jy begin sin maak daarvan en dit begin verwerk.

2.    Kry perspektief

Nadat jy jou emosies uitgewoed het, sal jy ’n beter perspektief hê en jou gevoelens beter verstaan.

Tree ’n paar treë terug om jou situasie te evalueer. Is dit werklik so erg as wat jy gedink het? Was dit die einde van die wêreld ? Het jy op ’n hopie gaan lê op die vloer en jouself bejammer? Waarskynlik nie. Jy lewe en haal nog asem. Praat met iemand wat jy vertrou. Gesels met ’n vriend of familielid, en hoor wat hulle te sê het. Die kans is baie goed dat hulle ook al so iets ervaar het, en sal weet hoe ’n mens dit oorkom.

3.    Hanteer dit

Jy kan nou eindelik sin maak van alles. Die volgende stap is nou in jou hande. Jy moet besluit of jy die persoon wil vergewe wat jou verraai het of jou hart gebreek het. Ondersoek jou gevoelens en besluit of jou verhouding met die persoon gesond is en iets goeds tot jou lewe bydra.

Teleurstelling is een van ons onvermydelikste uitdagings, maar hou goeie moed, want jy is sterk en het beslis die innerlike krag om dit op jou eie unieke manier te hanteer!

-         Megan Bursey

Bron: tinybuddah.com