Daar is ’n aantal simptome wat op so ’n tekort kan dui. Dit is waarna jy moet uitkyk:

Spierkrampe of spasmas: Dit kan baie pynlik wees en die spiersametrekkings kan veroorsaak word deur ’n gebrek aan magnesium, wat die liggaam se spiere laat ontspan.
Magnesium speel ’n sleutelrol in die funksionering van die sentrale senuweestelsel; daarom kan ’n tekort lei tot slapeloosheid.

Sukkel om te slaap: Magnesium speel ’n sleutelrol in die funksionering van die sentrale senuweestelsel; daarom kan ’n tekort lei tot slapeloosheid. Jou magnesiumvlakke daal saans, wat lei tot ’n gebrek aan voldoende en gehalte-REM-slaap (slaap met vinnige oogbewegings), wat die belangrikste slaapsiklus is om jou liggaam en gees te verfris.

Sjokolade-lus: Een blokkie donkersjokolade, wat volop magnesium bevat, kan amper ’n kwart van jou daaglikse vereistes van die mineraal verskaf. As jy begin lus kry vir sjokolade, vertel jou liggaam jou wat jy nodig het. Jy het dus nou die wetenskap aan jou kant as jy die soetgoedrak in die winkel bestorm.

Angstigheid: Die mineraal help met ontspanning en ’n tekort kan lei tot angstigheid wat met jou sentrale senuweestelsel verband hou. Indien dit gebeur, neem 200 mg magnesium en jy sal hopelik weer begin ontspan.

Hoë bloeddruk: Magnesium kan jou bloedvate laat ontspan en groter word. As jy dus met hoë bloeddruk sukkel ten spyte daarvan dat jy gesond leef, kan dit ’n teken van magnesiumtekort wees, want as jy te min van die mineraal inkry, sal jou bloedvate saamtrek en die bloeddruk laat styg.

Hardlywigheid: As jy ’n magnesiumtekort het, trek jou ingewande meer saam, wat ontlasting moeilik maak. Soos reeds genoem, laat magnesium jou spiere ontspan en dié verslapping geld ook vir die derm, wat dit natuurlik makliker maak om ’n draai te loop. Gebruik magnesiumsitraat om te help met hardlywigheid.

Om die hoeveelheid magnesium wat jy inkry te verhoog vermy kosse wat meel en suiker bevat omdat dit voedingstowwe uitput. Probeer soveel moontlik magnesiumryke kosse soos vleis, avokado’s, groen blaargroente en neute eet. En wat die regte sjokolade betref: moenie enigiets met minder as 70 persent kakao kies nie.

© Cover Media