Ons het vroeër vandeesweek probleemknieë getakel, maar hoe gemaak as jou pyn ’n bietjie laer af is? Enkels wat seerkry, is ’n nagmerrie vir fiksheidsfoendi’s en kan jou roetine in sy spore stuit.

Dit is belangrik dat jy nie druk op ’n besering uitoefen nie, maar daar is wel dinge wat jy kan doen om genesing te bespoedig. Net so sal verdere probleme voorkom word en jou liggaam in topformaat bly as jy sorg dat jou enkels sterk bly.

Weerstandsband-oefeninge

Gaan sit en plaas die weerstandsband onder jou een voet terwyl jy die ander punt met albei hande vashou. Trek jou been op en draai jou enkel reg terwyl jy teen die krag trek van jou arm wat die band hou. Trek die band na regs en beweeg jou enkel na links. Herhaal dit ’n paar keer en ruil dan voete om.

Bind die band om ’n vaste voorwerp aan die buitekant van jou enkel vas. Beweeg jou enkel af en na die binnekant voor jy terugkeer na die ontspanne posisie. Herhaal 10 keer voor jy jou voete omruil (onthou, die voorwerp moet aan die buitekant van jou enkel wees).

Staan op jou tone

Staan kaalvoet, met jou voete parallel. Rys op jou tone, en laat sak dan weer jou hakke. Herhaal vir ’n minuut.

Rol jou enkels

Sit op ’n stoel, kruis jou een been oor die ander een en laat rus jou enkel op jou knie. Rol jou enkel in groot, wye sirkels. Herhaal met die ander kant.

Laat jou hakke sak

Sit ’n stapel boeke of tydskrifte op die vloer. Staan met slegs die bal van jou voete op die stapel en jou hakke op die grond (as jou hakke nie die grond kan raak nie, maak die stapel laer). Lig jou hakke tot jou voete in ’n reguit lyn is, of staan op die punt van jou tone as jy dit kan regkry. Herhaal vir ’n minuut.

Kussing

Plaas ’n kussing op die vloer en staan met jou een voet daarop. Balanseer jouself op hierdie been en behou die posisie vir 10 sekondes. Herhaal 10 keer voor jy jou bene omruil.

© Cover Media