Het jy al ooit gewonder hoe klink dit vir iemand wat aan ouditiewe hallusinasies ly?

Dis vandag Wêreldgeestesgesondheidsdag en die klem val vanjaar op skisofrenie. Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) het die onderstaande video gedeel ter wille van bewusmaking. Sit jou oorfone op en verbeel jou dit is waarmee jy in jou kop moet saamleef . . .

Skisofrenie is ’n ernstige geestelike steuring wat gekenmerk word deur diepgaande ontwrigting in denke, taal, persepsie en die sin van die self. Dit begin gewoonlik begin in laat adolessensie of vroeë volwassenheid. Ongeveer een uit elke duisend mense, ongeag ras of geslag, ontwikkel die steuring.

Kenners gaan vandag tussen 13:00 en 19:00 op Sadag se Facebookblad raad gee en vrae oor skisofrenie beantwoord. Vir nog inligting, besoek www.sadag.org