Trou is ’n groot stap in ’n verhouding en die belofte dat jy iemand vir die res van jou lewe sal liefhê en versorg, moenie ligtelik opgeneem word nie.

Net die feit dat jy ja gesê het, beteken nie die passie hoef te verdwyn nie. Hou die romanse aan die gang.

Voor julle begin voel julle is vriende eerder as minnaars kan julle die volgende wenke probeer volg om die vlammetjie aan die brand te hou.

Afspraakaande

Selfs al bly julle saam en is elke aand in mekaar se geselskap, beteken dit nie julle hoef nie saam uit te gaan nie. Afspraakaande is die ideale manier om die vonk lewendig te hou en iets prettigs saam te doen, van aandete in ’n swierige restaurant tot ’n prettige aandjie by die kegelbaan.

Teken die datum in jou dagboek of kalender aan sodat jy nie vergeet nie. Probeer iets ongewoons doen en geniet die aand as ’n paartjie.

Moenie ophou met mekaar flankeer nie

Onthou jy hoe gereeld jy jou maat met hul hare, uitrusting of intieme sake gekomplimenteer het? Die huwelik beteken nie die lofuitings moet ophou nie – positiewe terugvoering verskaf die nodige gerusstelling wanneer dit voel asof julle in ’n groef beland het.

Lees ook: Man se liefdestaak om sy vrou weer te sien glimlag

Iets so eenvoudig soos ’n flankeerlyn kan wondere aan jul verbintenis doen. Maak seker jy is takties in jou benadering, sit jou hand op hul knie of streel oor die rug wanneer jy die ego ’n hupstoot wil gee. En wys dit as jy hulle sensueel vind. Dit sal die fisieke sy van jul verhouding opkikker.

Herinner mekaar aan jul aanvanklike verbintenis

Onthou die redes waarom jy met jou maat getrou het – met die daaglikse spanning wat ’n mens ervaar, kan jy maklik daarvan vergeet.

Deur julle gereeld te herinner waarom julle verlief geraak het, kan julle dalk nog liewer maak vir mekaar. Of dit nou hul humorsin, glimlag of vertroostende nabyheid is; onthou dit wanneer die huwelik deur ’n moeilike tyd gaan. Dit kan die vonkel van die beginjare terugbring.

Moenie van terapie wegskram nie

Die soeke na hulp is nie ’n teken van swakheid nie; dit beteken jy doen ’n sterk en verstandige stap om jou huwelik heel te hou.

Lees ook: Romanse: die grootste taboes

Wanneer daar moeilike oomblikke en situasies is wat julle nie kan baasraak nie en julle stry heeltyd oor alles, kan berading julle van verstandige, kalm maniere voorsien om die probleem te takel eerder as om toe te laat dat dit die oorhand kry.

As julle mekaar liefhet en julle weet nie wat om te doen om jul huwelik beter te maak nie, kan terapie die antwoord wees.

© Cover Media