Sy medesangers Adele en Taylor Swift het ook al erken hulle het in die verlede angstig gevoel. Selfs die Hollywood-ster Amanda Seyfried het dit erken.

Dus is dit ’n goeie tyd om hulp te soek eerder as om in stilte te ly. Jy kan jou angs self help bestuur deur middel van sekere jogaposisies, asemhalingstegnieke en selfs veranderings in jou dieet.

Joga

As jy joga inspan om angs hok te slaan, moet jy posisies kies wat help om jou gemoed te kalmeer.

Lees ook: Vindingryke maniere om afspraak-angste mee te verminder

Twist

Lê op die grond met jou arms uitgestrek, lig jou linkerknie na jou bors en laat dit dan na regs val. Hou jou nek in ’n neutrale posisie of kyk links. Haal vyf keer diep asem en wissel dan jou bene en die oriëntasie van jou kop (indien nodig).

Bene teen die muur op

Lê plat op jou rug, met jou bene teen ’n muur – dit is ’n uitstekende manier om jou senuweestelsel te laat ontspan. Hou jou arms langs jou sye en ontspan vir so lank as wat nodig is.

Kind-posisie

Hierdie eenvoudige posisie laat die rug, nek en skouers ontspan en is goed vir mense wat aan angs ly. Sit op jou knieë en laat jou groottone aan mekaar raak terwyl jy jou knieë heupwydte uitmekaar hou. Kom regop en fokus daarop om jou ruggraat te rek. Asem uit terwyl jy vorentoe buig en jou liggaam tussen jou bene drapeer totdat jou voorkop aan die mat raak. Hou jou arms lank voor jou uitgestrek met die handpalms op die mat of na agter met die rugkant teen die mat.

Lees ook: Vroue glo dubbel so angstig as mans

Asemhalingstegniek

Die skryfster Jane McGonigal glo vas in krag-asemhaling, ’n metode met slegs een eenvoudige reël – asem dubbel so lank uit as wat jy inasem. Hierdie tegniek verlangsaam die hartklop en laat die spiere ontspan, net soos wanneer die liggaam rus of slaap en dit herstel eindelik jou kalmte.

Dieet

Mind Body Green het vroeër berig dat sommige van ons geliefkoosde trooskosse, insluitend suikerhappies, suiwelprodukte en vette, kan bydra tot angsgevoelens. Dit is alte maklik om een van dié sondaars nader te trek wanneer jy stres of moeg of terneergedruk voel, maar probeer liewer iets vars en voedsaams kies om jou gemoed ’n hupstootjie te gee.

© Cover Media