Dit vervaardig tiroïedhormone wat ’n uiters belangrike rol speel in metabolisme.

’n Ooraktiewe skildklier skei te veel van dié hormoon af; dit kan talle simptome tot gevolg hê.

Simptome sluit in

  • ’n gevoel van angstigheid;
  • bewerigheid;
  • oorgevoeligheid en sweterigheid (dikwels ook klam handpalms);
  • gewigsverlies ten spyte van ’n goeie eetlus;
  • spierswakheid;
  • algemene moegheid;
  • vinnige rustende hartspoed;
  • kortasem;
  • swelling aan die voorkant van die nek;
  • die gevoel van ’n knop in die keel;
  • en menstruele afwykings en fertiliteitsprobleme by vroue.

Oorsake

  • ’n Ooraktiewe skildklier is een van die algemeenste gevolge van Graves se siekte (’n afwyking in die immuunstelsel wat dikwels geneties is).
  • Ontsteking van die klier. ’n Nodule (of nodules) in die klier wat te veel van die hormoon vervaardig.

Behandeling behels gewoonlik die neem van medikasie of radioaktiewe jodium om die aktiwiteit in die klier te onderdruk. In sommige gevalle kan ’n enkele ooraktiewe nodule chirurgies verwyder word. Skildklierfunksie word gemonitor deur gereelde bloedtoetse. Dit keer dat die skildklier onderaktief raak met behandeling.