Yster help ons selle om suurstof na ons spiere te vervoer, dus kan jy, by gebrek daaraan, aan verlaagde immuniteit, verlaagde kognitiewe vermoë en erge moegheid ly.

Die hoeveelheid yster wat ’n persoon nodig het, hang van sy/haar leefwyse af. Byvoorbeeld: vegetariërs het meer yster nodig want hulle eet nie vleis nie. Jou dieet gee die deurslag, dus het ons ’n lysie gemaak van kossoorte wat baie yster bevat en wat jy by jou maaltye kan inluit ten einde die volmaakte balans te kry.

Tofu

Veganiste en vegetariërs, hier is julle antwoord: dit spog met yster, sowel as proteïne. Omdat dit van soja gemaak word, bevat dit min kilojoules en is dit vry van cholesterol en gluten. Jy kan dit in enige gereg gebruik, van roerbraai tot kerrie, of jy kan dit selfs roer en in plaas van eier op jou roosterbrood eet.

Beesvleis

Vleiseters, hierdie een is vir julle bedoel. Een porsie beesvleis kan aan jou liggaam tot 3,5 mg van die aanbevole 17 mg yster per dag gee – bedien spinasie (ook propvol van die goed) daarby en jy is op die regte pad! Te veel rooivleis is nie gesond nie, maar as jy seker maak jy eet maer snitte en jy eet minder as 500 g per week, kan jy stilletjies gerus voel oor jou ystervlakke.

Wit boontjies

Nog meer indrukwekkend: ’n porsie wit boontjies bevat tot 20 persent van jou aanbevole daaglikse ysterinname! Hulle het geen geur nie, dus kan hulle by ’n rissiegereg of slaai gevoeg word sonder om jou af te skrik. Geur dit met wat ookal jou smaakknoppies prikkel, en geniet!

Gapermossels

Jy kan ’n klomp yster uit hierdie goedjies kry – dit hang net van die mossel af. Geblikte en gemaalde gapermossels bevat nie so baie yster soos die varses nie. Veral baba-gapermossels bevat baie yster. Hulle is egter nie die maklikste kos om in die hande te kry nie, dus moet jy dalk liewer elke nou en dan hierdie keuse bêre vir ’n ete by ’n restaurant of ’n naweekbederf. Hulle spog ook met vitamines B-12 en C, sowel as proteïne.

Droëvrugte

Sprinkel droëvrugte, soos rosyne of appelkose, oor jou slaaie, graankos of joghurt, aangesien dit ystertasties is. Hulle is egter ook propvol suiker, dus moet jy jou porsies klein hou en hulle slegs een keer per dag eet om die beste voordele te kry.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Warm gloede dalk gou iets van verlede

Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

Die gevaar van geblikte tuna vir swanger vroue

Oefening douvoordag hou jou viets