Maar hoekom nie in ’n sensuele luim kom en jou gedagtes laat dwaal op hierdie mislike Maandagmôre nie?

Om jou aan te help, het ons ’n lysie van ’n klompie kosse wat as taamlik onbekende afrodisiakums dien, opgestel om jou ’n paar idees te gee om ’n koketterige aandete te berei wanneer jy tuiskom.

Vergeet maar van oesters en sjokolade, ons het ander eetgoed opgespoor wat jou sommer gou in die stemming sal kry.

Lees ook: So kan ’n hoëvetdieet jou gesondheid skaad

Piesangs

Benewens hul falliese vorm, is piesangs propvol van die ensiem bromelien, wat die vervaardiging van testosteroon aan die gang sit. Die televisiepersoonlikheid Dr. Oz prys ook die vrug vir sy hoë kalium- en vitamien B-vlakke wat jou energie ’n hupstootjie gee.

Aarbeie

Benewens om hulle in sjokolade te doop en as soetigheid vir jou beter helfte te voer, is aarbeie fantasties omdat hulle ryk is aan vitamien C, wat help met sirkulasie na alle dele van die liggaam. Die toevoeging van ’n laag donker sjokolade sal ook die bloedvloei aanhelp en jou verseker van ’n nag van passie!

Kersies

Rond jou baldadige vrugteslaai af met ’n goeie porsie kersies. Hulle bevat indrukwekkende vlakke van die goedvoel-vitamiene A, C en E. Kersies loop ook oor van kalium, magnesium, folaat, yster en die antioksidant melatonien, wat bekend is daarvoor dat dit jou hart reguleer.

Lees ook: Mediese deurbraak - Hier’s ‘Die Pil’ vir mans

Brandrissies

Brandrissies kan enige gereg warm maak – en hulle kan selfs ’n bietjie ekstra hitte in slaapkamerkaperjolle sit. Brandrissies stimuleer senu-eindpunte, verhoog sirkulasie en stimuleer endorfienproduksie. Daar lê dus ’n vuurwarm nag voor vir diegene wat hierdie kos verorber het.

Salm

Dit is wyd bekend dat dié olieryke vis propvol omega-3-vetsure is, maar het julle geweet omega-3 is die bousteen van geslagshormone by mans en vroue? Om die hupstoot nog meer woema te gee, kan jy pampoenpitte en vlassaad by jou salmgereg voeg.

© Cover Media