Wel, die fiksheidsafrigter Jonathan Ross van die Telluride WOW-fiksheidsfees in Amerika het ’n paar waardevolle wenke oor eetreëls met die webtuiste popsugar.com gedeel, veral waarvan jy moet wegbly.

Sy eerste wenk is om nie jou kalorieë in vloeistofvorm in te neem nie. Party sappe en skommels is propvol daarvan, al word dit as ’n gesonde opsie bemark. Talle bevat baie suiker, wat beteken dit het eintlik leë voedingstowwe wat net die vet om jou middel gaan laat aanpak.

Maar Jonathan keur wel sekere skommels goed, mits dit hope vesel, proteïen en gesonde vette bevat – goed soos hennep-proteïenpoeier en blaargroente soos spinasie, asook avokado.

Hy raai ook aan dat jy nooit etes oorslaan nie omdat dit die verkeerde benadering is as jy jou lyf wil verander. Om nie te eet nie beteken nie jy sal gewig afskud nie, en dit kan selfs lei tot ’n vergryping aan kos nadat jy jouself te lank uitgehonger het.

“Jy moet jou maag vul om van vetjies om die middel ontslae te raak,” sê Jonathan aan die webtuiste, en benadruk hoe belangrik dit is om regte kos te eet. “Dis die beste manier om gewig te verloor en die metabolisme aan die gang te hou.”

Pleks van die gewone roetine van peuselhappie, middagete en aandete, stel hy voor jy eet eerder vier tot ses klein proteïenryke etes per dag.

Nog iets om te vermy? Gebraaide kosse. Jonathan sê dis vol transvette wat “vernietigend” vir die liggaam is. Hy stel ook voor jy los die suiker en grane saans.

Dis ongemaklik om op ’n vol maag te lê en omdat die stysels en grane jou ’n energiehupstoot gee, is dit beter om soggens te eet om die dag af te skop.

Sy wenke val saam met nuwe navorsing wat daarop dui dat gort ’n uitstekende graansoort vir hartgesondheid is. Kenners aan die St. Michael-Hospitaal in Toronto het 14 studies wat oor sewe lande uitgevoer is, bestudeer en gekyk watter impak gort op laedigtheid-lipoproteïen (LDL) en nie-hoëdigtheid-lipoproteïen (nie-HDL) het. Lipoproteïen is ’n groep proteïene wat kombineer met vet en dit in die bloed vervoer.

Gort het albei vlakke met 7 persent laat daal en word nou die nuwe “superkos” genoem.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

’n Maklike manier om alkohol vaarwel toe te roep

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue