Tradisioneel is ontbyt die belangrikste ete van die dag, maar dit wil voorkom asof toenemend meer mense dit oorslaan.

Navorsing het bewys tot die helfte van die Britte het bloot nie soggens tyd om iets te eet nie, en die getal het die afgelope drie jaar verdubbel. Twee uit vyf mense wat deur die hawermoutvervaardiger Flahavan’s ondervra is, het onthul hulle is nie gepla om ontbyt in hul program in te pas nie. In 2012 was dit een uit vyf. In sommige streke het net die helfte van die 2 000 mense wat ondervra is, ontbyt geëet, terwyl 70 persent van die mense in Skotland byvoorbeeld iets geëet het voor hulle werk toe is.

Om dit gereeld oor te slaan, kan jou gemoed beïnvloed en jou moeg en geïrriteerd laat voel.

Dit gaan nie net oor die stil van die hongerpyne nie: ontbyt is belangrik omdat dit help om die liggaam brandstof te gee vir die dag wat voorlê.

Om dit gereeld oor te slaan, kan jou gemoed beïnvloed en jou moeg en geïrriteerd laat voel. Dit beteken ook jy het min energie en jy sal waarskynlik meer staatmaak op suikerryke happies om van daardie flou gevoel ontslae te raak. Pap en roosterbrood bly die gewildste keuses, terwyl die tradisionele panbraai-ontbyt net elke twee weke genuttig word. As jy sukkel om soggens vroeg tyd in te ruim vir kos, begin deur die vorige aand al voorbereidingswerk te doen. Iets soos Bircher-muesli is perfek omdat jy ? groot hoeveelheid op een slag kan maak, eerder as om elke aand te kook.

Eiers is nog ’n goeie manier om die dag mee aan te pak.

Vir ? eenvoudige weergawe, wat twee porsies lewer, neem 50 g hawermout en druk ? lemoen se sap daaroor uit. Rasper dan ’n groen appel, meng alles goed en voeg ’n paar eetlepels Griekse laevetjoghurt daarby. Rond dit af met rooibosbessies en bloubessies en los dit in die yskas tot jy daarvoor lus raak – jy kan ander vrugte gebruik indien jy iets anders verkies.

Eiers is nog ’n goeie manier om die dag mee aan te pak omdat dit voedsaam en propvol proteïen is; oorweeg dit dus om die marmelade op jou roosterbrood vir ’n gekookte eier te verruil.

Sappe en versapte drankies werk ook uitstekend, aangesien dit jou vrugte- en groente-inname verhoog, maar maak dit eerder self as om op winkelweergawes staat te maak – dit bevat dikwels ’n oormaat suiker.

© Cover Media