Naomi Watts was ’n reusesukses by vanjaar se Oscars in pers Armani Privé, terwyl Saoirse Ronan in groen Kalvin Klein gestraal het.

En dan was daar Jennifer Lawrence se Dior-apploustrekker van kant en Lady Gaga in ’n katpak/balrok, ontwerp deur Brandon Maxwell.

Kyk ’n bietjie hoe jy, ná net ’n paar maklike oefeninge, pragtige biseps, soepel triseps en sterk skouers kan kry.

Triseps-terugstoot

Staan met jou voete skouerwydte van mekaar af met jou knieë effens gebuig, en hou ’n handgewig in elke hand, met jou arms reguit langs jou sye af en jou palms na agter.

Lig jou arms reguit na agter, ongeveer 0,6 m agter jou, laat sak arms terug na sye.

Herhaal 20 keer.

Balplank

Kom in die plankposisie en plaas jou regterhand op die bal en jou linkerhand op die vloer.

Trek jou maag- en skouerspiere saam terwyl jy afsak vloer toe, met jou elmboë ingetrek.

Stoot jouself weer op en rol die bal na die ander kant toe.

Doen minstens vyf aan elke kant.

Lig voorkant

Staan met jou knieë effens gebuig en hou handgewigte voor jou lyf met jou handpalms na jou gedraai.

Strek jou arms en lig hulle voor jou liggaam op tot hulle parallel is met die vloer en ’n lyn vorm met jou skouers

Laat sak die arms stadig tot by die beginpunt.

Maak seker dat jou knieë deurentyd effens gebuig bly en jy jou kern gebruik.

Herhaal 20 keer.

Hoë V

Staan met jou voete heupwydte uitmekaar met ’n handgewig in elke hand, jou arms in ’n V bokant jou kop uitgestrek en jou palms wat na die kante wys.

Buig jou elmboë stadig af na die heupe met jou handpalms na die lyf toe gedraai.

Strek weer op in ’n V-vorm.

Skoueroptrek met reguit arms

Staan met jou voete heupwydte uitmekaar, arms skouerhoogte reguit na die kante toe uitgestrek, en met ’n handgewig in elke hand.

Hou jou arms reguit terwyl jy jou regterskouer tot langs jou oor lig en dit weer laat sak.

Ruil skouers om; herhaal.

Herhaal 30 keer, terwyl jy die kante omruil en jou arms heeltyd skouerhoogte hou.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot:

Beskerm só jou kind teen ongepaste inhoud op die internet

Sewejarige deur hond aangeval

Kyk: Ontstellende video wys hoe kleuter uit bewegende motor val en net weer opstaan

Wat gaan aan tussen Stefan Ludik en Anelle Bester?

Jammer, Catherine, die kroon van mooiste koninklike is nie meer joune nie

Maak sout dalk jou kind vet?