Ons weet reeds wortels help ons in die donker sien, maar wetenskaplikes skryf nou nog ’n voordeel aan dié groente toe: Hulle beweer wortels kan vroue se risiko vir die ontwikkeling van sekere soorte borskanker met 60 persent verlaag.

[caption id="attachment_118800" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover media Foto: Cover media[/caption]

Dit is lankal bekend dat ’n dieet ryk aan betakaroteen, die chemikalie wat die helder kleur aan groente soos wortels, spinasie en rooi soetrissies gee, goed is vir jou gesondheid. Dit is reeds gekoppel aan hulp teen hartsiektes en kanker, maar in ’n nuwe studiestuk word nou beweer dit is ekstra heilsaam om borskanker weg te hou.

In die navorsingstuk, wat in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, is 1 500 vroue met gewasse in hul borste en 150 daarsonder betrek.

Lees ook: Amandels = gewigsverlies

Almal is uitgevra oor hul dieet aangesien die span ’n verband probeer vind het tussen plantaardige chemikalieë en die risiko vir kanker.

Bloedtoetse het die groep in staat gestel om die hoeveelheid betakaroteen in die vroue se liggaam te ondersoek tesame met ander dinge soos vitamien C, wat van plante afkomstig is.

Hulle het ontdek dié wie se maaltye gelaai was met kos wat betakaroteen bevat, het ’n 40 tot 60 persent kleiner kans gehad om estrogeenreseptor-negatiewe borskankersoorte te ontwikkel. Een uit elke drie vroue met borskanker het hierdie soort gewas.

Die vlak van die chemikalie het egter nie ’n uitwerking op die estrogeenreseptor-positiewe gewasse, wat die meeste gevalle van borskanker bevat, gehad nie.

Ander plantaardige chemikalieë het nie veel uitwerking in die een of ander rigting getoon nie. Soos een van die deskundiges haastig uitgestippel het: Geen voedselsoort behoort as ’n magiese kuur vir kanker beskou te word nie.

Lees ook: Seer knieë? Probeer botoks

“Ons weet lankal ’n gesonde dieet – wortels ingesluit – kan die risiko vir borskanker help verlaag omdat dit ’n gesonde gewig help handhaaf,” was die mening van dr. Richard Berks, senior navorsingskommunikasiebeampte by die welsynsorganisasie Breast Cancer Now.

“Hoewel dit werklik van die uiterste belang is om groente as deel van ’n gebalanseerde dieet in te kry, is daar ongelukkig nie iets soos ’n superkossoort wat die risiko vir borskanker betref nie.”

Die liggaam verander betakaroteen in vitamien A, en dit help ’n duisternis prosesse, soos sig en die immuunstelsel, gesond hou.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vaaljan ‘Wikus van de Merwe’ van District 9-faam haak af met sy SA skoonheid

Dramatiese reddingspoging ná man glo weier om van 40 m hoë kragpaal te klim

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Seer knieë? Probeer botoks

Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’