Die volgende keer wanneer jy lus voel om ’n lepel vol grondboontjiebotter te eet, hoef jy jou nie te kwel oor die invloed daarvan op jou middellyf nie.

Dit word nou met die verlaging van die risiko vir vetsug verbind.

Ook is bevind kinders wat drie of vier keer per week grondboontjies of grondboontjiebotter eet, kies nie agterna ongesonde alternatiewe happies nie.

Navorsers aan die Universiteit van Houston het ’n groep van 257 kinders, almal met ’n risiko om oorgewig of vetsugtig te raak, gemonitor.

Die helfte van hulle het 12 weke lank drie tot vier keer per week grondboontjies of grondboontjiebotter gekry, terwyl die ander helfte ongeveer een keer per week die happies gekry het.

Lees ook: So kan ’n hoëvetdieet jou gesondheid skaad

Hulle het dit teen huistoegaantyd gekry.

Aan die einde van die tydperk het die leerders die gewoonte om gesonde happies te eet nog 12 weke lank gevolg.

Hierna is bevind dat dié wat meer dikwels aan grondboontjies gesmul het, se liggaamsmassa-indeks (LMI) gedaal het.

Die studiestuk is in die Journal of Applied Research on Children gepubliseer.

“Vetsug is die heel ernstigste gesondheidskwessie waarmee ons deesdae te doen het,” het dr. Craig Johnston, assistent-professor aan die universiteit, opgemerk.

“Ons sou graag wou dink dit is voorkombaar, maar van waar ek nou daarna kyk, is daar nie veel wat aandui dit kan doeltreffend gedoen word nie.”

Lees ook: Van ‘plasentadrankies’ tot kriekmeel: Dié is die vreemdste kosgiere waarvan jy moet weet

Hy het ook toegegee peusel kom meer dikwels in die tienerjare voor. Dit is selfs meer opmerklik by diegene wat gedurende die skooldag geen ander kos eet nie.

“Ons sit met ’n klomp kinders wat maaltye om verskeie redes oorslaan,” het Craig bygevoeg.

“Wat ons wel gevind het, is dat kinders om ongeveer vieruur van die skool af by die huis aankom. Daar is min ouerlike toesig en minder struktuur.

“Kinders sit voor die televisiestel en hulle eet, eet en eet omdat hulle nie regtig geëet het by die skool nie.”

Hy het afgesluit deur te beklemtoon hoe belangrik dit is vir skole om gesonde eetgewoontes te bevorder sodat kinders ’n “lang, gelukkige lewe” kan lei.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Jeanine Victor se Shaun-Michael kry ’n sussie met die mooiste naam!

‘Ek hoop hy weet hoe baie ek hom mis,’ sê Madonna ná sy toesigstryd oor Rocco gewonne gee

Vierjarige seun van Roodepoort gee eerste treë op herstelpad

Kyk om watter roerende rede speel die Bulls in pienk

‘Dis regtig verskriklik’: Verwurgde tiener se lyk in Kaapse woud gevind