'n Harde kopstamp is 'n moeilike vraagstuk vir ouers. Soms is dit net 'n pynlike hou en soms kan dit lewensgevaarlik wees. Ons het by 'n kenner gaan aanklop om te hoor wanneer ouers moet bekommerd wees.

As iemand bewusteloos is of was, is dit nodig om die nooddienste te ontbied, sê dr. Julian Fleming, die bestuurder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement se afdeling vir nooddienste. Hy gee die volgende wenke:

Kyk uit vir dié simptome van harsingskudding:

  • lompheid
  • moegheid
  • naarheid
  • onduidelike sig
  • kopseer

Hy sê jy moet nooddienste ontbied en vir hul hulp wag, maar in die tussentyd kan jy die volgende doen:

  • “Vir ligte beserings kan jy matige pynstillers toedien, maar as die besering ernstig is, moet jy pynstillers vermy.”
  • Hy voeg by jy moet onmiddellik die nooddienste ontbied as die mens se kopseer erger word, veral nadat hulle pynstillers gedrink het. Pynstillers kan tot komplikasies lei as die kopbesering ernstig is. Ontbied die nooddienste ook as hulle onlangs ’n breinoperasie gehad het, vreemd optree, naar, duiselig of swak is, stuiptrekkings kry, hul sig agteruitgaan of daar ’n kleurlose of bloederige afskeiding uit die ore en neus kom.

Nuttige nommers:

  • Landwye gifinligtingsentrum: 0861-555-777
  • Netcare 911 se noodlyn: 082911
  • Staatsambulanse: 10177
  • ER24 se noodlyn: 084124