Die lewe is gejaagd en ons daaglikse take raak roetine. Jy staan op, eet, gaan werk toe, gaan huis toe, gaan slaap, maar mense wat met hardlywigheid sukkel, se dagtakies kan ondraaglik raak. Sonder gereelde opelyf kan die lewe stresvol raak, en nie net in die toilet nie, maar oral waar jy bedags moet wees.

Om dit te verstaan, moet ons weet: Hoe gereeld moet jy toilet toe gaan?

Wel, dit hang eintlik van jou unieke ritme af. Vir sommige mense is dit heel normaal om elke tweede dag die toilet te besoek, terwyl ander nie vir meer as ’n dag kan wegbly nie.

In Suid-Afrika sukkel sowat ’n tiende van die bevolking met hardlywigheid en die meeste van hulle (58 persent) is vroue. Medies gesproke is jy hardlywig as jy minder as drie keer per week opelyf het.

Let op na dié simptome:

  • Verg dit inspanning om te ontlas?
  • Is jou stoelgang hard en klonterig?
  • Ervaar jy pyn?
  • Voel jy opgeblase?

Maar hoekom hou jy dit alles binne?

Daar is twee soorte hardlywigheid: akute en chroniese hardlywigheid.

Akute hardlywigheid is die gevolg van leefstylveranderings soos ’n verandering in dieet, stres, sekere medikasie, gebrek aan oefening, reis of hormonale veranderinge, soos tydens swangerskap of menopouse.

Chroniese hardlywigheid is wanneer jy op gedurig met hardlywigheid sukkel. Simptome hou lank aan (meer as 12 weke).

Chroniese lyers kan dalk later gewoond raak daaraan, maar dis beslis nie iets wat geïgnoreer moet word nie. Jy moet altyd bewus wees van die simptome en die regte stappe doen om die probleem op te los.

Natuurlike wenke op jou ritme aan die gang te kry:

  • DOEN DIT: Eet ’n veselryke dieet. Vrugte en groente, peulvrugte en volgraan-ontbytkosse verskaf die vesel wat die liggaam nodig het om die deurgang van afvalkosse deur die derm te versnel.
  • VERMY: Kos wat baie dierevet bevat. Dis moeiliker om te verteer en beweeg dus moeilik deur die spysverteringskanaal.
  • DOEN DIT: Drink baie water. Jy moet elke dag ten minste twee liter vloeistof inkry, waarvan water die grootste deel moet wees.
  • VERMY: Koffie of drankies wat kafeïen bevat of alkohol as jy hardlywig is omdat dit ’n ontwateringseffek op die liggaam het. Die dikderm trek ook saam as daar nie genoeg vloeistowwe in die liggaam is nie. Die kolon sal oortollige water van die stoelgang onttrek wat dit uitdroog en verhard en moeilik maak om uit te werp.
  • DOEN DIT: Drink warm vloeistowwe soggens op ’n leë maag. Dit kan help om opelyf te stimuleer.
  • VERMY: Moenie die behoefte om te ontlas onderdruk nie, want dit kan tot hardlywigheid lei.
  • DOEN DIT: Oefen en wees aktief. As ons nie genoeg oefen nie, raak ons liggaamsfunksies stadiger, en dit sluit in die spiersametrekkings wat die vervoer van afval deur ons derm stimuleer. Oefening spoor innerlike beweging aan en sorg dat alles optimaal werk.

Deur Faiza Mallick

Bron: www.dulcolax.co.za.