RAAK FIKS

Agge nee! Hoekom? Oefening gee jou meer energie, die goedvoelhormoon endorfien word vrygestel en dit gee jou die kans om iets anders te doen as om net te sit en tob oor alledaagse dinge. En wie wil dan nou nie met ’n plat magie spog nie?

  •  Begin stadig. Niemand verwag jy moet sommer die eerste dag al ’n marathon voltooi nie. Begin met iets lig en maklik, soos om met jou hond te gaan stap.
  •  Meng sport met plesier. As jy hou van die buitelewe, kan jy aansluit by ’n stapklub. As jy meer hou van die water, sluit aan by die skool se swemspan – of die roeiklub, as jou skool een het.
  •  Jy kan steeds fiks word as jy ’n sofapokkel is of verslaaf is aan videospeletjies. Oefen voor die TV en stel ’n doelwit, soos 20 opstote voor die advertensies klaar is. As jy hou van speletjies, speel die interaktiewe soort waar jy meer aktief betrokke moet raak.
  •  Dans! Dis goed vir jou en wie is dan nou nie versot daarop nie?

EET REG

Agge nee! Hoekom? Gesonde eetgewoontes gaan nie net oor gewig verloor nie – jy sal meer energiek wees en goed en sterk voel.

Wat is fout?Eet ditHoekom?
Ek kan nie konsentreer nie.& “Breinkosse” soos vis, sojabone en pampoensade.& Volgraanbrood, ontbytkos en pasta.

& Broccoli.

Dié kosse is ryk aan vitamien C en K. Dit voorkom die vorming van bloedklonte, bou sterk bene, voorkom hartsiektes en versterk jou immuunstelsel.
My hele lyf is seer.& Vis.& Okkerneutolie.Dit bevat olie met omega-3-vette, wat goed is vir die gewrigte. 
Ek voel heeltyd hartseer.& Beet.& Donkersjokolade (njammies!).Beet se ysterinhoud kan help teen moegheid en navorsers het bewys donkersjokolade kan help om stresvlakke te verlaag. 
Ek is altyd siek.& Aarbeie.& Sitrusvrugte.

& Soetrissies.

& Bloubessies.

Dis ryk aan vitamien C, wat jou immuunstelsel versterk en siektes kan weghou. Vitamien C help selle gesond word en help ons om stres beter te hanteer. 
My vel lyk aaklig!Neute en sade. Die vitamien E in die kosse gee jou ’n mooi, stralende gelaat.

Die drie reëls

  • Vermy suikeragtige en gasdrankies

Drink eerder water – dis ’n goeie manier om die liggaam te detoks.

  • Moenie ontbyt oorslaan nie

Ontbyt sal jou help om die gemorskos te vermy. Maar dit beteken nie jy moet middagete of aandete oorslaan nie.

  • Kies die gesonde opsie by ’n ongesonde eetplek

Natuurlik gaan jy kitskosplekke toe saam met jou vriende (en daar is niks fout daarmee nie!), maar moenie altyd die kos met die hoë vetinhoud kies nie. Die meeste plekke het gesonder opsies op die spyskaart.

MAAK VRIENDE

Dit kan vreesaanjaend wees as jy met nuwe mense te doen kry.

  •  Glimlag. ’n Vriendelike geaardheid lok vriende. As jy dus die nors soort is wat in die hoekie op jou foon sit en peuter, gaan dit nie baie belowend lyk vir potensiële pelle nie.
  •  Sluit aan by ’n klub/span/kry ’n naweekwerk. As jy in ’n omgewing is waar jy wil wees, sal jy mense ontmoet met wie jy dinge gemeen het.
  •  Moenie wag vir mense om na jou toe te kom nie – gaan na hulle toe. Begin gesels en laat mense jou leer ken. As jy nie seker is waaroor om te praat nie, kan jy hulle oor hulself uitvra.
  • As jy iemand gekry het van wie jy hou in ’n groep, vra hulle om iets prettigs saam met jou te doen sodat jy hulle beter kan leer ken.

JOU BESTE PEL WOON IN JOU HUIS

Jy voel dalk daar is niemand meer irriterend as jou broer of suster nie, maar hulle is die mense wat jou altyd sal ondersteun.

En hulle vergewe jou gewoonlik as jy in ’n skreeuende draak verander wat jou kamerdeur toeklap (seker omdat hulle dit met jou ook doen!).

  •  Vergeet van die verlede. Jy is dalk nog vies omdat jou broer kleintyd jou poppe vermink het, maar dit gaan nie jou of hom veel help om steeds ’n wrok te koester nie.
  •  ’n Broer of suster is ’n ingeboude beste pel; jy hoef nie eens uit te gaan om hulle te ontmoet nie. Dink net hoe gelukkig julle sal wees as julle kies om vriende in plaas van vyande te wees.

BRONNE: BETTERHEALTH.VIC.GOV.AU, NHS.UK, BBCGOODFOOD.COM, WEBMD.COM, TEENADVICE.ABOUT.COM, BRAINYQUOTE.COM