Warm gloede is een van die algemeenste simptome. Vroue kan ook soms nagsweet ervaar en sukkel om om gewig te verloor, veral om die maag.

Daar is egter goeie nuus: Wetenskaplikes het ontdek oefening kan die simptome van menopouse temper.

Navorsers by die Universiteit van Granada in Spanje het ook daarop gewys dat oefening eerder as medisyne vir menopousale vroue verligting kan bring. Baie van hierdie middels, byvoorbeeld hormoonvervangingsterapie, het nadelige teenreaksies.

Nadat deskundiges meer as 200 postmenopousale vroue tussen 45 en 64 jaar ondersoek het wat die afgelope minstens 12 jaar min oefening gedoen het, ’n hulle 20-weke-oefenprogram vir hulle uitgewerk.

Die deelnemers het op kort en lang termyn positiewe fisieke en emosionele veranderings ondervind. Benewens gewigsverlies, laer bloeddruk, verbeterde kardiovaskulêre fiksheid en soepelheid het die deelnemers opgemerk hulle kan hul warm gloede onder beheer hou.

“Ál meer bewyse dui daarop dat ’n aktiewe leefstyl en gereelde oefening gesondheid, lewensgehalte en fiksheid by postmenopousale vroue verbeter,” was die kommentaar van dr. JoAnn Pinkerton, besturende direkteur van die Noord-Amerikaanse Menopousevereniging.

“Die resultate wat aangeteken is, sluit in minder warm gloede en ’n beter gemoedstoestand. Vroue het oor die algemeen beter gevoel en hul gesondheidsrisiko’s het afgeneem.”

© Cover Media